Friday 4 May 2012

Klofie Kunste Fees Optrede: 4 Mei 2012 (NOT so) Live!

Die beste Klofie Kunstefees ooit!   Die "Invisible Drum Set",  Die Vuurvertoning dansitem op Adelle se "Set Fire tot the Rain" en Brendon Blackbeard se kitaarsolo was iets wat op enige kunstefees groot gehore sou trek.  Aan die organiseerders 'n GROOT "Well Done!!!!"  

Aan die Klofies wat op die gallery gesit het die volgende kompliment:  Julle het elke item ondersteun en luidkeels toegejuig.  Julle was die tipe gehoor voor wie enige kunstenaar graag sou wou optree!  Wel gedaan!

Net jammer dat vir die eerste keer in die orkes se geskiedenis het 'n lid van die gehoor per ongeluk die krag van die klanksisteem afgesit  in die middel van 'n item.  Die orkes het egter aanhou speel en die item voltooi.  Mooi kop gehou orkes!  Ongelukkig het ek so groot geskrik dat ek geen verdere foto's opgelaai het nie!   Hier is die fotos wat ek nie geplaas het nie  (Jacques Botha is die professionele fotograaf):  






















































































Die Klofie Orkes speel vanaand by die gala aand van die Klofie Kunstefees.  Soos die gewoonte nou geraak het sal ons so 'n paar foto's plaas deur die verloop van die aand.  

Hier is solank die eerste foto's wat deur Jacques Botha geneem is tydens die opwarming en regmaak:   














No comments:

Post a Comment