Tuesday 15 May 2012

Danie Epos Nr 15: 15 Mei 2012


Geagte Ouers en orkeslede.

Liewers laat as nooit!!

Ek wil net baie baie dankie sê vir almal wat tydens ons naweekoefening gehelp het met die kos, skottelgoedwas, klank, hulp met die musiek ensovoorts.  U hulp is vir my van onskatbare waarde en ek waardeer u elkeen verskriklik baie!

    1.  PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1          Dinsdag 15 Mei:  Normale oefening 14:30 – 17:30
1.2          Donderdag 17 Mei:  Slegs die musiekleerders en lede wat saam met hulle Vrydagaand optree, gaan oefen.  Die res het af.
1.3          Vrydagaand 18 Mei:  Bogenoemde leerders tree op by die Musiek By Kersligaand.  Optrede is 18:45 – 19:00 en dan weer 19:05 – 19:30.  Hierdie leerders tree op met konsertklere.

    2.  EKSAMENOEFENTYE

2.1         Die matrieks begin Maandag, 21 Mei,  met hul eksamen en 1 Junie begin die res van die skool.
2.2         Ons sal dus vanaf volgende week af oorskakel na ons eksamenoefentye met die eerste oefening op Vrydag, 25 Mei. 
2.3         Ons vorder baie mooi en daarom dink ek dat ons soos volg kan oefen:
a.   Elke Vrydag:  14:30 – 18:00
b.   Elke Saterdag: 08:30 – 14:00.
c.   Die Matrieks hoef nie op Saterdag, 2 Junie te kom oefen nie, maar indien hul studierooster dit toelaat, sal ons dit waardeer indien hulle daar kan wees.
2.4         Ons kan bekostig om verkorte naweekoefentye te oefen omdat die kinders regtig baie hard gewerk het en ons baie goed op skedule is.
2.5         Maar ek wil ‘n baie baie dringende beroep op elke ouer en orkeslid doen.  Daar is 51 orkeslede wat eksamen skryf en moet leer.  Kom ons almal werk asseblief saam, beplan ordentlik julle studieroosters en wees by elke oefening.  Ouers en orkeslede raak omgekrap indien hulle elke keer teenwoordig is en ander kinders maak kort-kort verskoning.
2.6         Die matrieks moet met my kom praat met hul eksamenroosters in hulle hande!

    3.  KAMP

3.1         Ek en die leiers was gister by die kampterrein en ons is ongelooflik opgewonde oor ons kamp.  Die terrein is regtig baie mooi en pas ons versoeke soos ‘n handskoen!
3.2         Ek wil graag net weer versoek, indien daar nog enige van u is wat die Vrydagaand by die kampterrein wil oornag teen R550 per persoon (B&B), moet u my dringend laat weet.
3.3         Daar is nog geleentheid om vir die braai te bespreek, laat weet asseblief.
3.4         Dan die slegte nuus… alle braai-, verblyf vir ouers en kampgelde moet asseblief die einde van die maand inbetaal wees. 
3.5         Ek sal Sondag weer vir u ‘n oppgedateerde opnamelys stuur.

    4.  AMERIKANERS

4.1         Baie dankie aan u almal wat hulp aangebied het vir die huisvesting van die Amerikaanse orkes.
4.2         Ek is nog op soek na een plek vir ‘n seun!

Vriendelike groete!!

Danie


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment