Thursday 17 May 2012

"The Winds of Time"




Die winde van verandering is met ons! Kom kyk hoe geskiedenis gemaak word met die inhuldigingskonsert van die Blaasorkes van die Universiteit van Pretoria, “The Winds of Time”. Die Konsertensemble van die Universiteit van Pretoria het in 2007 ongelukkig tot ’n einde gekom, maar dit het weer in 2012 in ’n nuutgevonde vorm tot stand gekom – vars, opwindend, en met heelwat meer swier!

Die UP Blaasorkes bestaan uit dinamiese jong musikante van alle fakulteite van die Universiteit van Pretoria wat byeenkom om musiek met ’n vars, byderwetse klank op te tower.

Met ’n repertorium uit die kontemporêr-klassieke, “big band”-, “classic rock”- en “pop” genres kan gehore uitstekende vermaak te wagte wees. Eddie Clayton, hoogaangeskrewe musiekdirekteur en orkesleier met treffers soos South African Tattoo, Tree Aan en Lied van my Hart op sy kerfstok, sal die podium beman.  Jaco van Staden,’n dinamiese opkomende jong orkesleier van formaat is die mededirigent.

Die konsert word op 27 Mei 2012 om 15:00 in die Musaion gehou en kaartjies sal by die ingang teen R60 vir volwassenes en R30 vir studente en pensioenarisse beskikbaar wees. Skakel 012 420 4183 of stuur ’n e-pos aan upso@up.ac.za om verdere inligting te bekom. 

Department of Music
University of Pretoria
Pretoria, 0002
South Africa
Tel: 012 420 4183/2614
Fax: 012 420 5761


No comments:

Post a Comment