Monday 7 May 2012

Danie Epos Nr 14: 6 Mei 2012



Geagte ouers.

    1.  PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1             Leier van die week:  Jacques Tredoux
1.2             Dinsdag, 8 Mei:  14:30 – 17:30
1.3             Donderdag, 9 Mei
1.4             Naweekoefening:
a.     Vrydag, 10 Mei

TYD
BESKRYWING
VERANTWOORDELIK
14:30 – 15:30
Deeglike uitpakinspeksie.  Orkeslede moet handoek bring om instrument op uit te pak.
Dietrich & Gideon asook al die leiers.

Orkeslede betaal hul R60 etegeld in by Michelle.
Michelle
15:30
Opening
Jacques
15:40 – 17:30
Seksieoefeninge (Phantom of the Opera & Pirates)
Mnr Smith
17:30 – 18:00
Aandete
Me Lynnette Botha
18:00 – 19:30
Seksieoefeninge (Queen en Phantom)
Mnr Smith
19:30 – 20:00
Teetyd

20:00 – 21:00
Ensemble
Mnr Smith

b.      Saterdag, 11 Mei

TYD
BESKRYWING
VERANTWOORDELIK
08:30 – 09:00
Ligte ontbyt
Me Lynnette Botha
09:00 – 11:00
Ensemble
Mnr Smith
11:00 – 11:30
Teetyd:  Verjaarsdaglede bring koek.
Annette
11:30 – 13:00
Ensemble
Mnr Smith
13:00 – 14:00
Middagete
Me Lynnette Botha
14:00 – 17:00
Ensemble
Mnr Smith
17:00 – 17:30
Oppak en afsluit
Jacques.


    2.  EKSAMEN vs OEFENTYE

Ter wille van ons nuwe ouers wil ek net weer verduidelik dat ons in eksamentye glad nie in die week oefen nie, maar dan slegs naweke.  Dit is al so aangedui op ons jaarprogran van die begin van die jaar af.  Ek glo u sal verstaan dat ons nie net kan ophou oefen nie – ons moet aanmekaar oefen om eerstens in oefening en op standard te bly en tweedens sodat die kinders die musiek onder die knie kan  kry. 

Hierdie bly maar ‘n sensitiewe punt en baie ouers verskil hieroor met my en ook met mekaar.  Vir my is dit ook ‘n baie moeilike tyd, veral as ouers bel en my net inlig of vra of hul kind verskoon kan word.  Daarom versoek ek dat u my hande moet sterk maak sodat ek konsikwent kan wees en die hele orkes oor dieselfde kam kan skeer.  Wat vir die een geld moet ook vir die volgende een geld.

Ons kinders kry lank voor die tyd hul eksamenroosters en ek wil u dringend versoek om vir u kind leiding te gee rakende studietye.  Akademie is uiters belangrik, maar ons moet steeds in oefening bly.  Ek het nou al ‘n hol kol op my maak om al die kinders by die oefeninge te kry! Ek kyk ook gewoonlik na die roosters en ook na ons vordering wanneer ek die beplanning doen. Ek sal met die volgende epos meer spesifiek wees rakende elke oefening.

    3.  OPNAMELYS

Ek heg weer vir u my lys aan waarop ek alle opnames aandui. Lees asseblief elke punte en indien daar foute is, kontak my dadelik.  Jammer oor al die foute op die vorige lys – ek hoop alles is nou reggestel!

3.1             Uitstaande etegeld:  Daar is nogal heelwat uitstaande etegeld.  Ek wil u ook net weereens daarop wys dat indien u kind nie by die oefening is nie, dit u verantwoordelikheid is om Lynnette op die laatste teen Donderdagoggend te laat weet, anders bly u verantwoordelik vir die etegeld. Haar nommer is op ons adreslys.

3.2             Staatsteater:  Ek het na aanleiding van u antwoorde Vrydag, die bespreking gedoen.  Graag verduidelik ek waaroor dit gaan.  Elke jaar kry elke skool net 40 - 60 kaartjies vir die Nasionale Jeugkunstefees in die Staatsteater wat gedurende Augustus en September plaasvind.  Die organiseerder het my Vrydagoggend geskakel en gesê dat ons elke jaar baie meer kaartjies nodig het as die 40 – 60 wat hulle per skool beskikbaar stel (50 orkeslede x mamma en ‘n pappa is alreeds 100!).  Daarom het sy gevra dat ek dringend ‘n getal moet kry, dan gaan hulle PROBEER om ons te akkomodeer.  Ek het ons getal deurgegee maar kan dit nog verander tot en met Maandagaand.  Daarna kry die ouers wat bespreek het, kaartjies.  Die kaartjies is gewoonlik R60 elk.  Maar moet asb nie nou al inbetaal nie, want die pryse is nog nie bepaal nie.  Indien u dan nou nog wil bespreek, kan u dit nog net Maandag doen, daarna gaan u nie kaartjies kry nie.  Die gelde moet gewoonlik so teen die begin Augustus inbetaal wees.  Daar is GEEN ekstra kaartjies nie want hulle gee die kaartjies direk uit aan die skole en daar is ongelooflik baie deelnemers per aand!  Reageer dus dadelik per sms indien u nog kaartjies wil hê!!

3.3             VSA-Orkes:  Hier het ek twee goed nodig asseblief:
a.                 Ek soek nog verblyf vir 2 meisies.  Kan u of enige iemand wat u ken, my help?
b.                 N.a.v. die opname wat ek gedoen het by u per epos, kan slegs een orkeslid NIE Sondag, 24 Junie optree saam met die VSA-orkes in die Botaniese Tuine nie.  Hierdie optrede is nou bevestig en alles is in plek.  Ek wil u asseblief dringend versoek dat daar nie weer ‘n klomp kinders is wat my op nommer 99 in  die steek laat  en onttrek nie. Dis vir my ‘n groot verleentheid as dit so baie keer gebeur. 

Baie dankie aan die ouers wat reeds help met die verblyf en ook die orkesleiers wat saam met die orkes gaan rondbeweeg. 

Daar is nog geleentheid vir so ‘n paar orkeslede wat op Maandag, 25 Junie saam wil gaan wanneer die VSA-orkes goudmyne toe gaan, Nelson Mandele se huis besoek en dan tree die orkes op by die Hector peterson Museum saam met die Sowete Youth Strings.  Hul gee vir ons vervoer en ons moet net self vir ons middagete betaal.

Indien u kind wil saamgaan, moet hy/sy my asseblief ook dadelik laat weet.

Sodra die toerprogram gefinaliseer is, stuur ek dit dadelik vir u.

3.4             Kamp:  Die kampgeld is R2,150 + R75 per persoon vir die braai (en onthou om u orkeskind by te tel!) en indien u wil oornag Vrydagaand, is dit R550 per persoon addisioneel. Ek het met die inligting soos deur u verskaf, klaar die prys so aangepas in die kolomme.  Ek het net nog nie alle inbetalings sedert die laaste epos, hierby ingewerk nie. Dus sal baie uitstaande bedrae u laaste inbetaling nog nie reflekteer nie.  Ek sal dit hierdie week doen en vir u epos.

Indien u nog wil braaipakkies vir 14 Julie en oornagplek vir 13 julie wil bespreek, kan u dit nog hierdie week doen.  Ek wil u aanmoedig om die Saterdag te kom en saam ons te kom braai, want dan tree die orkes ook vir u op met ons splinternuwe SA-program wat ons ingeoefen het. U kan gaan bitter baie hard werk gedurende hierdie oefenweek – kom ondersteun ons met ons ouerdag op 14 julue by Kwalata Game Ranch.  U kind ry na afloop van die konsert en braai saam met u terug huistoe.

ALLE KAMPGELD, BRAAI- EN VERBLYFKOSTES MOET EINDE MEI OF OP DIE LAATSTE 11 JUNIE INBETAAL WEES. 

Ek moet 7 dae voor die skool sluit alle uitbetalings reeds by die finansieskantoor ingegee het sodat alle uitbetalings op Maandag, 18 Junie gedoen kan word.

     4.  SA’S

4.1             Die SA’s is steeds by Hoërskool Empangeni en alle aanduiding is dat dit slegs op Saterdag, 29 September sal wees en dat dit heel moontlik nie meer op die Vrydag sal begin nie.

4.2             My beplanning vir ons orkes is voorlopig soos volg:
a.     Ons vertrek Donderdagoggend, 27 September,  so 4 uur se kant Empangeni toe.
b.     Tree op by Laerskool te (het die plek se naam vergeet L)
c.     Ons vertrek al die Donderdag sodat ons Donderdagaand al ons eerste klimatiseringsoefening kan hê.  Dit is vir ons uiters moeilik om by die kus te speel – dit voel dan of daar ‘n klip op jou bors lê, dis a.g.v. die klimaat (of ek wat op die kind se bors gesprinh get…J).
d.     Vrydagoggend, 28 september, maak ons instrumente skoon en het on sons amptelike repitisietye op die verhoog by die skool.  Die matrieks moet op die laatste teen 13:00 by Hoërskool Empangeni wees (na hul matriekafskeid die vorige aand!).
e.     Ek beplan dat ons ‘n ligtemusiek-ensemble, ligtemusiek-orkes en die hele konsertorkes gaan inskryf.
f.        Die kompetisie is voorlopig net op Saterdag, 29 September.
g.     Sondag 30 September:  Baie ouers het die voorstel ondersteun om die Sondag by die Meerensee Waterfront,  Richardsbaai op te tree en die dag by die see deur te bring.
h.     Ons ry dus voorlopig op Maandag, 1 Oktober dan terug.
i.         Indien u enige beswaar het dat ons eers die Maandag terug kom, moet u my asseblief dadelik laat weet, anders neem ek aan dat dit reg is en gaan ek dan teen Woensdag alles bevestig.  Daarna sal al die kwotasies afgehandel word en ek die pryse kan bepaal.

4.3             Verblyf: 
a.     Die orkes gaan by Canefields woon.  Dit is ‘n pragtige plek en ek was baie beindruk met die plek.  Hulle doen baie moeite vir ons kinders.
b.     Daar is op die oomblik ‘n probleem om ons ouers ook daar te huisves.  Ek het almal wat gereageer het op my versoek se name is wel deurgegee, maar dit lyk op hierdie stadium of u NIE saam met ons daar sal kan bly nie.  Ek sal hierdie week uitsluitsel hieroor kry en u dadelik laat weet.
c.     Ouers wat eerste gehuisves sal word by Canefields,  is die ouers wat direk betrokke is met die klere, klank en kos.
d.     Daar is ‘n pragtige gastehuis, The Ridge Guesthouse in Meerensee, Richardsbaai wat pragtig is. Ek het daar gebly toe ek vir die vergadering Empangeni toe was.  Dis ook baie naby aan Empangeni. Hul nommer is 035-753 43129 (epos: rigdge@neotek.co.za. Web:  lackscorner.co.za).  Daar is baie oulike gastehuise in hierdie gebied en dit is reg langs die see en die waterfront.
e.     Indien u weet van ander blyplekke vir ons ouers, laat weet my asseblief!

4.4             Puik orkeste wat tot op hede al ingeskryf het is:
a.     Hoërskool Waterkloof Konsertorkes,  SA-Kampioene 2004 – 2011 J
b.     Pretoria Boys High Concert Band
c.     Pretoria Boys High Ensemble
d.     East London Jazz Ensemble
e.     Hoërskool Menlopark Konsertorkes
f.        Hoërskool Menlopark Ensemble

    5.   INBETALINGS

Ek wil net graag weer die skool se bankbesonderhede vir u gee asook die korrekte verwysings (indien u nie die verwysing 100% reg gebruik nie, gaan die geld in die skoolgeldrekening in en sal u self moet skooltoe kom om dit reg te stel – MOET DUS NIE U EIE VERWYSING OPMAAK EN GEBRUIK NIE!):


Bank
ABSA
Rekeningnaam
Hoërskool Waterkloof
Rekeningnommer
3490144454
Takkode
336445
Verwysing:  Kamp
ORKES-Kamp-kind se naam en van

Mag u ‘n baie rustige en geseënde week hê!

Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755





No comments:

Post a Comment