Monday 4 June 2012

Danie Epos Nr 18: 4 Junie 2012


Geagte ouers.

1. PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1 Leier van die week:  Marko kotze
1.2 Oefening Vrydag:  Hele orkes oefen 14:00 – 18:00 (14:30 – 15:00:  Uitpakinspeksie)
1.3 Oefening Sarerdag: Ligtemusiek Orkes (09:00 – 11:00) LW- Geen ontbyt!
1.4 Oefening Saterdag: Ligtemusiek Ensemble (11:00 – 13:00. Koffie en beskuit 11:30.  LW- Geen middagete).

Die name van die Ligtemusiek Ensembke en Ligtemusiek Orkes is in die kampprogram.
                                       
2. OUERAAND

2.1 Graag herinner ek u aan ons oueraand vanaand.
2.2 Sake wat bespreek moet word is o.a.
2.2.1 VSA-toer 2013 voorlegging en bespreking
2.2.2 Kamp
2.2.3 SPUR-projek
2.2.4 VSA-orkes se besoek
2.2.5 SA’s
2.2.6 Gala-aand
2.2.7 Afwesighede en verskonings
2.2.8 Finansies

3. KAMPGELD

3.1 Kampgelde moet asseblief hierdie week afgehandel word, begalwe die ouers wat reëlings getref het om die 15e die geld in te betaal.
3.2 Daar is nog baie ouers wat na al die versoeke nog glad nie gereageer het i.v.m. die braaibesprekings nie. Indien u nie saam gaan braai nie, laat weet my ook indien u NIE gaan braai nie.  Hierdie week gee ek die getalle deur en betaal die braai.  Die braaigelde word saam met die kampgeld betaal.  Moet asseblief nie vergeet om u orkeskind by te tel nie.
3.3 Ek gee by die oueraand vir u die kampprogram en gaan die kamp met u bespreek.  Die kinders het reeds die naweek die voorlopige program ontvang.
3.4 Die belangrikste bly die kamp- en braaigelde wat hierdie week afgehandel moet word asseblief.

Ek hoop dat ek u almal vanaand by die oueraand kan sien, want ons moet dringend praat oor die toer se aanbieding wat vanaand gedoen word deur African Safari’s.

Groete!!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment