Monday 21 May 2012

Danie Epos Nr 16: 21 Mei 2012

Geagte ouers.

In die heel eerste plek wil ek vir ons matrieks alle seën toewens vir die eksamen wat vandag begin.  Onthou, die Here beloof vir ons nuwe krag vir elke dag – jy moet net daarvoor vra.  Hard werk en ons bid julle alle sukses toe.

1.            PROGRAM VIR DIE WEEK

1.1          Geen oefeninge gedurende die week vir die res van die kwartaal nie a.g.v. die matriekeksamen wat vandag begin het.
1.2          Ons oefenprogram pas aan en sal soos volg wees:
               a.            Vrydae:  14:30 – 18:00 (geen etes, slegs teetyd)
               b.            Saterdae:  08:30 – 14:00  (Koffie en beskuit + ligte middagete om 12:00)
1.3          Ek wil namens ons orkeslede vir u ‘n groot guns vra!  Ons sal dit baie waardeer indien u so vriendelik kan wees om vir ons hot chocolate te skenk vir die naweekoefeninge.  Dis baie koud op die verhoog en dis darem maar sooooo lekker om warm sjokolade te kry as ons breek.  U skenkings sal regtig baie waardeer word!! 
1.4          Etegeld beloop dan net R40 per naweek.
1.5          Ons het al oorweeg om glad nie etes te gee nie, maar elke keer ‘n baie duur les geleer.  Die kinders word regtig baie honger en hulle soek daardie middagete.
1.6          Ek het dit al gevra, maar wil graag weer die dringendheid daarvan beklemtoon.  Ek het ons oefenure baie ingekort om die kinders te akkomodeer.  Daarom vra ek dat elke kind asseblief op sy/haar pos sal wees gedurende hierdie oefeninge.  U ondersteuning en hulp sal baie waardeer word.
  
2.            ORKESKAMP

2.1          Graag herinner ek u daaraan dat alle kampgelde volledig inbetaal moet wees teen die einde van die maand, dit sluit die braaipakkies se geld ook in.
2.2          Baie dankie vir al die gelde wat reeds inbetaal is.  Ek sal hierdie week weer ‘n staat gaan trek en ons kampgeld opdateer en dit vir u stuur.

Mag hierdie week vir u ‘n wonderlike en voorspoedige week wees!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755




No comments:

Post a Comment