Tuesday 30 April 2013

KAAPSE TOER


Geagte ouers,

Weereens groot verskoning vir al die uitstel van ons oueraand.  A.g.v. die oueraand wat nou nog nie plaasgevind het nie en hopelik uiteindelik Maandagaand sal plaasvind, gee ek die toerinligting aan u deur:

    1.      Die toerprogram sal Donderdag vir die orkeslede uitgedeel word.  Daar sal u presies kan sien wanneer is ons waar, watter etes is ingesluit by toerprys en vir watter etes is u kind self verantwoordelik.

      2.      Ek het slegs een antwoord terug ontvang van ‘n orkeslid wat nie kan gaan toer nie en die toerprys is dus vasgestel en gedeel deur die res van die orkeslede wat oorbly.

     3.      Die toerprys in R3,900.00 per orkeslid wat luukse busvervoer, verblyf in puik plekke en alle ontbyte, toegang by plekke wat ons besoek en sekere middag- en aandetes insluit.  Ek het nou al heelparty sms’s en eposse in hierdie verband gekry waar ouers wil seker maak dat die prys korrek is.  Jip, dis reg, want daar is nie ‘n middelman wat ‘n fooi kry nie en u moet ook in gedagte hou daar is baie etes wat die kinders self moet betaal soos byvoorbeeld elke dag wanneer ons op die pad is.  Maar ons sal altyd stop waar daar bekostigbare eetplekke is. Ek het deeglik uitgevind dat dit goedkoper is om self te sorg vir ons middagetes as om dit te bespreek of in te sluit by die plekke waar ons woon.

Ek het regtig baie moeite gedoen om die toerprys so laag as moontlik te hou, want ek wil so graag hê dat elke orkeslid moet saamgaan en hierdie hoogtepunt mee maak.

     4.      Die toerprys wat ek destyd beraam het, het ongelukkig opgegaan omdat ons bus duurder is en ek ontbyte in Knyse by die gastehuise bygevoeg het.

     5.      Ek maak glad nie voorsiening vir ouers nie.  Indien u Knysna of Kaapstad toe gaan, is dit vir u eie reëlings en betaling.  Ek kan u slegs insluit by Tafelberg en die bootrit.  Dit is R120 en R40.  U moet my asb dringend laat weet indien ek dit vir u moet bespreek en die geld ook by die skool inbetaal onder u eie naam (ORKES-Toer-U eie naam en van).  Ek handel hierdie besprekings hierdie week af.

     6.      Nou die slegte nuus wat ek ongelukkig moet oordra…  Die toergeld moet ten volle inbetaal wees op die laatste teen Woensdag, 5 Junie by die finansieskantoor. L

EK WIL BAIE VRIENDELIK MAAR BAIE BAIE DRINGEND VRA, GEEN LAAT BETALINGS HIERDIE KEER NIE ASSEBLIEF!!!!  Dit maak dit vir my uiters moeilik en bring my erg in die verleentheid as u nie by afsnydatums hou nie.  Ek moet, soos u sekerlik uit ondervinding met vakansiehuise ens. weet, alle blyplekke moet vooraf TEN VOLLE betaal wees.  Wat dit vir my moeilik maak is dat die skool sluit en dat die kantore betalings net tot op ‘n afsnydatum dien – tyd is dus nie in my hande nie.  Alle aktiwiteite moet op die laatste 10 Junie alle finansies aanvra vir die vakansie anders word daardie betalings oorgelaat na volgende kwartaal – rede, alle gelde moet reeds op die skool se bankstate wys voordat die geld vir my beskikbaar is om uit te betaal.  Ons bus moet byvoorbeeld ten volle betaal wees op 7 Junie.  Ek glo u sal die dringendheid van betyds betaal kan insien en ek versoek u dringend en baie vriendelik dat u dit sal respekteer asseblief.

Ouers, dit gaan dalk nou bietjie rof klink, maar as ek nie u kind se geld betyds kry teen 5 Junie nie, haal ek u kind se naam van die lys af.  Ek kan nie ons verblyf en busgeld laat betaal en moontlik verloor omdat ouers ons dringende versoeke ignoreer nie.  Ek het ‘n verantwoordelikheid teenoor die hele groep om na te kom.  Ek glo dat u 100% hiervoor begrip het. J

     7.      Alle toergeld word elektronies oorbetaal of u kind kan dit self direk by die kantoor gaan inbetaal.  Die rekeningbesonderhede is soos volg:

REKENINGNAAM                HOëRSKOOL WATERKLOOF
BANK                                      ABSA
REKENINGNOMMER          3490 1444 54
TAKKODE                              336 445
Verwysing:                           ORKES-Toer-U kind se naam en van

MOET ASB NIE U EIE VERWYSING GEBRUIK NIE!  Indien u afwyk van bogenoemde verwysing, gaan die geld NIE op ons staat wys nie en u sal self moet inkom skool toe om dit reg te stel.  Ek mag nie ouers se gelde rondskuif nie.

Hou ook in gedagte dat indien u nie by ABSA is nie of u betaal per tjek, dat u geld nie dadelik op die skool se rekening wys nie.

Laastens kom ek ook na u toe met ‘n versoek vir hulp.  Ek het hulp dringend nodig met finansies vir van ons kinders.  Kontak my asseblief indien u my kan help.  Hierdie saak word uiters vertroulik hanteer, maar feit bly, ek het asseblief dringend hulp nodig.

Groete en ek hoop u geniet die ou af daggie!!

ONTHOU, DIS WEER EERSKOMENDE NAWEEK, NAWEEKOEFENING!! J

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment