Friday 5 April 2013

Kwalata Kamp Dag 6: "Can U do da CAN-CAN"

As gevolg van tegniese probleme kon die blog tot 12 uur vandag nie opgedateer word nie.   Als is nou weer "up and running" en ek sal probeer om so gou moontlik die agterstand in te haal.

Vandag se hoogtepunt is dat die orkes vanmiddag 16:00 vir oorsese besoekers aan die kamp optree.  Daar is môre 'n troue hier en die bruid en bruidegom het gevra dat die orkes vir die gaste wat reeds hier aangekom het sal speel.  Die vertoning is spesiaal vir hulle gereël.  

Die orkes het gistermiddag reeds oorgetrek na die hoofsaal wat ook meegebring het dat daar nie veel tyd was vir iets anders as op- en afslaan van toerusing nie.  

Daar is groot afwagting by die kinders vir môre se optrede vir die ouers. 


Ouers: Julle gaan julle eie oë en ore nie glo nie!  

**********

Nuutste "update":
Middagkonsert vir die internasionale gaste foto's


Die konsert het baie goed afgeloop.  Dit is ongelooflik om te sien hoe alles vanmiddag bymekaar gekom het.  Die kinders is moeg en hulle lippe en vingers is seer en moeg maar die Orkes het hulle professioneel gedra en  die gaste het net komplimente gehad na die tyd. 

Die bruid se ma het die orkes voor almal bedank en haar man het die "Can-Can" speletjie saamgespeel.  Hulle het almal die optrede baie geniet.  Ouers, julle het iets om na uit te sien more!

Hiermee nooi ons Hoërskool Menlopark uit om more na ons vertoning te kom kyk.  Ons sien julle by die SA's




























Dag ses se foto's (voor die optrede):

Die volgende foto's in geen spesifieke volgorde nie want daar is nie tyd om dit te sorteer nie.  Enjoy!


















































































































































Kobus. Gedra jou! Ons werk hier met kos!



Great! So lei die repiteurs die arme kinders die afgrond in!






























1 comment:

  1. Daar's darem nog genoeg smiles. voorspoedige laaste aand> sien uit na more. !!!

    ReplyDelete