Monday 15 April 2013

Danie Epos Nr 12: 15 April 2013

Oueraand uitstel



Geagte ouers,

Net ‘n vinnige nota om te versoek dat ons ons oueraand van vanaand met ‘n week sal uitstel.  Ek is besig om ons Kaapse toer se finale reelings te tref en ek kry hierdie week 2 kwotasies vir die oorsese toer vir volgende jaar.

Die inligting is bietjie laat en daarom gaan ek nie vanaand daarmee gereed wees nie.

Groete!!

Danie



Epos Nr 12:

Geagte ouers.

   1.  ORKESKAMP

Ek wil in die eerste plek vir Engelette, Peter en Cobus  asook Terrence en Matthys baie baie dankie sê vir hul harde werk gedurende die kamp.  Julle het wonderwerke verrig met ons kinders, ons waardeer dit ongelooflik baie!!

Dan wil ek vir ons hoofleiers, Gideon en Estiaan ook baie baie dankie sê vir julle harde werk en veral vir al julle reëlings gedurende die kamp.  Die kamp sou nie so suksesvol gewees het sonder julle twee se harde werk nie.  Baie dankie aan ons Konsertmeester, Jacques vir jou harde werk en ook vir die harde werk in die seksie waarvoor jy verantwoordelik was.  Julle drie was voorwaar my linker- en regterhande.  Julle is puik leiers en ek respekteer julle vir dit wat julle vir my en die orkes gedoen het.

Baie dankie ook aan al die leiers wat net so hard gewerk het asook ouers wat hard agter die skerms gewerk het.  Ons het groot waardering vir elkeen se hulp, hetsy dit finansieel was of met enige ander hulp.

    2.  WEEKPROGRAM

2.1             Dinsdag:  Oefening 14:30 – 17:30
2.2             Donderdag:  Oefening 14:30 – 17:30
2.3             Vrydag en Saterdag:  Naweekoefening en ontvangs van Hoërskool Oosterland.

Ons sal gewone tye oefen (Vrydag 14:30 – 21:00) en Saterdag (08:30 – 17:00).

Etegeld is steeds R60 vir die naweek en Vrydag betaalbaar.

Laastens rig ek ‘n versoek van die kinders af aan u.  Dit raak nou baie koud en die kinders vra toenemend vir Hot Chocolate.  Sal u so vriendelik wees om indien moontlik, vir ons hot chocolate te skenk?  Ons sal dit BAIE waardeer, veral hierdie naweek waar ons in die klasse gaan oefen en dit regtig baie koud is. 

HELP ASSEBLIEF… DIS KOUD!!  J


     3.  EKSAMEN vs OEFENPROGRAM

Dit is een van die dae weer eksamentyd.  Ek wil u net weer daaraan herinner dat ons in eksamentye glad nie in die week oefen nie, maar u sal sekerlik ook verstaan dat ons nie kan ophou oefen nie.  Daarom oefen ons in eksamentye net gedurende naweke.  U begrip en u kind se teenwoordigheid is noodsaaklik.

    4.  KAAPSE TOER 2013

Die toerreëlings is al redelik vêr afgehandel.  Ek wag nog net vir finale bevestiging vanaf Knysna en Kaapstad se waterfronte dan kan ek die finale toerprogram aan u beskikbaar stel.  Ek heg vir u my beplande program aan, maar hou in gedagte, ek moet vir baie optredes nog bevestiging kry.  Dit wat met rooi gemerk is se antwoorde of finale bevestiging is nog hangend.

    5.  BUITELANDSE TOER 2014

Ek het reeds een kwotasie ontvang en wag nog vir ‘n ander een wat my hierdie week sal bereik.  Ek hoop om dit alles gereeds te hê vir volgende week week Maandagaand.  Ek sal u op hoogte hou.

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755



















No comments:

Post a Comment