Monday 6 May 2013

Danie Epos Nr 14: 6 Mei 2013


Geagte ouers.

Ek hoop dit gaan sommer nog baie goed met u!!

Uiteindelik breek ons oueraand aan!!  Ek hoop al die kinders het u daaraan herinner Donderdag en Vrydag.  Ek sukkel om my eposse by u uit te kry en het staat gemaak op u kind om die boodskap oor te dra.  Ons vergader vandaand 19:00 in die personeelkamer.

Ons oefentyd is nou ongelooflik min voor die toer en ons het regtig nog baie werk om te doen. Ek heg Mei se program aan sodat u kan sien hoe verander ons oefentye nou met die eksamens wat begin.

Ons gaan vanaand baie vinnig praat oor:

     1.      Oefentye gedurende die eksamentye (Danie)
     2.      Kaapse toer en betalings  (Danie)
     3.      Klere en ondersteunershempies vir ouers  (Mev Tredoux)
     4.      Ouerhulp vir die res van die jaar (Mev Tredoux)

Die twee toeragente kom hul toere aan ons voorlê waarna ons ‘n besluit moet neem oor watter toer ons gaan onderneem.  Ons sal hulle aan die begin van die vergadering geleentheid gee om hul voorleggings te doen en om ook vrae te beantwoord.  Daarna sal ons bogenoemde punte gou hanteer.

Ek het regtig u teenwoordigheid baie nodig by die vergadering.  Ek sal probeer om dit so kort en saaklik as moontlik te hou.

Vriendelike groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment