Saturday 6 April 2013

Kwalata Kamp Dag 7: En toe gaan ons huis toe

Dit is ongelooflik hoe vinnig die tyd verby gegaan het. Daar gaan nog lank oor hierdie kamp gepraat word. Tussen verlede Sondag en vandag het daar baie dinge gebeur.  Die eindresultaat was die optrede voor die wonderlike gehoor vandag. 

Van die gaste wat die vertoning bygewoon het (wat nie orkesouers is nie) het na afloop van die optrede na my toe gekom en gevra dat ek vir die hele orkes moet vertel dat hulle trots is dat julle sulke wonderlike ambassadeurs was vir die internasionale gaste! 

GO KLOFIE-ORKES!

Om reeds in April op hierdie standaard te wees is voorwaar 'n prestasie om op trots te wees.  

Ouers, sonder uitsondering het julle die greatste kinders! 
               
Die eienaar van Kwalata verdien 'n spesiale vermelding. Hy en sy personeel het uit hul pad gegaan om dinge so gemaklik en gerieflik te maak as moontlik.  Ons is soos eregaste behandel en as ons 'n probleem of versoek gehad het, het hulle dit hanteer asof dit die belangrikste ding is wat hulle nog ooit moes doen.  

Ons was bevoorreg om by Kwalata die kamp te kon hou.  

Ondersteun asseblief 
Kwalata 
soos hulle die 
Klofie-orkes ondersteun het. 

;)

Ongelukkig het ons almal so lekker geëet tydens die braai dat ons vergeet het om foto's te neem van die finale braai saam met die ouers.  Jammer daaroor.  Ons sal daaraan werk volgende jaar!   ;)  

Maar hier is die foto's wat deur ons orkes-vriend 
Jacques Botha
geneem is vanoggend.  

Jacques is 'n ouditeur wat die foto's neem vir die orkes net vir die liefde van die saak. Hy het 'n passie vir fotografie en is ook vir jare al 'n baie groot ondersteuner van die Klofie-orkes.  











































































































































OOR .... EN UIT

No comments:

Post a Comment