Wednesday 14 September 2011

Reëlings vir Donderdag, 15 September

Geagte ouers.
 
Reëlings vir Donderdag, 15 September is as volg:
 
1.    Ons tree more oggend by Tukkies met konsertklere op en more aand by die Voortrekkermonument met ons dagdrag. 
 
SLEGS DIE NUWE ORKESLEDE WAT HUL OUDISIES GESLAAG HET MAG OPTREE EN SAAMGAAN.
 
2.    VOOR skool:  Alle instrumente, musiekstaanders en klankstelsel moet uit die orkeskamers verwyder word en na my klas geneem word.  Die matrieks skryf in die saal en ons kan nie na die toetssessie in die saal ingaan nie.   Laat ook AL DIE konsertklere in my klas.
 
3.    Ons behoort op die laatste teen 14:30 terug te wees by die skool.
 
4.    Die seuns trek more middag hul dagdrag en SA baadjies / skoolbaadjies reeds by die huis aan. Die meisies trek hul dagdrag en baadjies hier by die skool om 16:30 aan.  Die bus vertrek om 17:00 hier van die skool af.  Ons moet 18:30 klaar opgestel wees en klaar met ons klanktoets wees.  Ons speel 19:00 - 20:00.  Die kinders kry elk 'n kospakkie. 
 
5.    Die seuns se mammas [?!!!  Ed.  ;))  ] moet asseblief kyk dat die seuns die regte hemp aan het.  More oggend is dit die konserthemp en more aand die gewone wit hemp wat lyk soos 'n skoolhemp.
 
Groete!!
 
Danie

No comments:

Post a Comment