Friday 9 September 2011

HAHNBACH ORKES 9 September 2011

Geagte ouers.

1.    HAHNBACH ORKES

Graag gee ek die volgende deur rakende ons naweekoefening en afskeid van ons Duitse vriende.

1.1    Ons oefen die naweek in die kerksaal oorkant die skool.

1.2    Vanaand se afskeidsgeselligheid:

Ek wil u almal hartlik uitnooi om vanaand 18:30 saam met ons te kom braai en kuier en ook om afskeid te neem van die Hahnbach-orkes.  U teenwoordigheid sal vir ons regtig van groot waarde wees.  Ons orkes, asook die duitse orkes, gaan lekker musiek maak. Kom ondersteun ons asseblief. Nooi u vriende en familie om saam te kom kuier en die duitse orkes te ondersteun.

1.3    Ons oefentyd is tot 21:00 en ek verwag van ons orkeslede om tot dan teenwoordig te wees. Ons is die gashere en dit sal baie sleg lyk as ons eie orkeslede nie eens teenwoordig is nie.  Indien u nie saam kom braai nie, bring vir u kind vleis, koeldrank ensovoorts sodat hul steeds kan braai en saam kan eet.

1.4    Hier vind baie plaas op die terrein hierdie naweek. Daarom vra ek vriendelik dat u vanaand u eie braaiers, charcoal ens. sal saambring.  Ons kan saalstoele en die skool se tafels gebruik.

1.5    Ons beplan om so teen 18:30 met die kuieraand te begin.  Die volgorde van die program gaan min of meer as volg wees:

18:30    Gesamentlike spel (The Rose, Michael Jackson en Africa)
18:45    Duitse orkes begin speel, ons steek vure aan en begin braai. Dan kuier ons saam met die duitsers.

1.6    Ek het gister vir die kinders briewe gegee en ook met hulle gereel om hul LO sporthempies en denims aan te trek. Maak asseblief seker u kind het sy/haar hempie saam gebring of bring dit vanaand vir hulle saam.  Bring ook asseblief vanaand u kind se orkes drimac saam.  Ek het vergeet om dit vir hulle te se.  Ek verwag dat elke orkeslid die hempie en denim vir die volle duur van die funksie sal aanhê.  As hulle koud kry, trek hul hul orkes drimac aan.


2.    NAWEEKOEFENING

Ons gaan hierdie naweek begin om ons programme vir die SA's in te oefen in volgorde.  Daarom is die teenwoordigheid van elke orkeslid regtig baie nodig.  Die oefenprogram is soos uiteengesit op die jaarprogram wat hierby aangeheg is.

Ek en die orkeslede het u elkeen se hulp, ondersteuning en begrip nou regtig baie nodig.  Ons is almal verskriklik moeg, het baie werk en moet nou nog oefen ook.  Ondersteun ons asseblief, ons werk regtig baie baie hard, offer baie op om voor te berei vir die SA's.  Dis nog net 3 weke!!!

Ek gaan hierdie naweek die orkes evalueer om te bepaal hoe moet ons verder voorberei.  My ideaal is om volgende week 'n rusweek te hê (Di. & Do.) en dan net die naweek voor te berei.  Ek sal u inlig rakende ons vordering.

Baie baie dankie vir so baie van u wat my 100% ondersteun.  Ons waardeer dit regtig baie!

Groete!

Danie





No comments:

Post a Comment