Monday 19 September 2011

Musaion Tuks Optrede 15 September 2011

Jacques het hierdie fotos by die Musaion geneem en soos ons al gewoond geraak het met Jacques se fotos is dit weereens van baie goeie gehalte. WEEREENS DANKIE JACQUES!  

Die Tukkie gehoor was absoluut PUIK en het die orkes se optrede opreg waardeer.  Die kinders het op die positiewe reaksie van die gehoor gereageer en weereens 'n merkwaardige vertoning gelewer.  James is oorverdowend toegejuig  tydens Michael Jackson se danssessie en dit was duidelik dat die studente dit baie geniet het.  Na afloop van die konsert het verskeie mense spesiaal kom dankie sê vir die uitsondelike vertoning.  

Maar hierdie orkes is nie sommer van hier nie ....

'n Paar ure later het hulle letterlik die fondamente van die Voortrekkermonument laat bewe met hul vertoning in die groot saal tydens die Voortrekkers se 80 jarige feesvierings. Die geleentheid is deur meer as 500 gaste bygewoon waaronder al die leiers en hoofleiers van die Voortrekkers en spesiale gaste soos bv. Anton Goosen.  Die akoestiek van die Voortrekkermonument is nie watwoners nie (ligtelik gestel!) en die klanke het vreeslik gereflekteer vanaf die gladde marmer mure.  Die hoogtepunt van die aand was toe die orkes lostrek met die "Groot Mars" uit Aida:  Mense het letterlik op hul tone gestaan om oor mekaar se koppe te kan sien hoe die orkes speel! Hierdie lied pas nogal besonder goed by die atmosfeer in die Monument en die mense het dit duidelik aangevoel. 

Om te luister na Michael Jackson se musiek in die hoofsaal van die Voortrekkermonument  was voorwaar 'n eienaardige maar ook baie spesiale ervaring ....  Voeg dan nog Mango Groove se "Special Star" by en jy kyk nooit weer na die Voortrekkermonument met dieselfde oë nie!    Om mense in voortrekkerdrag te sien dans op die maat van "Special Star" maak nogal 'n blywende indruk ;))))    Go Klofieorkes!







































No comments:

Post a Comment