Friday 2 September 2011

Die Deutschen sind gelandet!

Die Klofie Orkes maak vriende regoor die wêreld.  Daarvan getuig die besoek van die Hahnbach Marktbläser toergroep wat pas in die land aangekom het en saam met die Orkes kom optree en kuier.  Dit is die direkte gevolg van die toer wat die Orkes in 2009 onderneem het na Duitsland, Oostenryk en omgewing.  Die orkes het opgetree in katedrale, kerke en by skole en het ook Vienna/Wenen besoek.  Die Orkeslede het daar by families gebly vir 'n gedeelte van die toer en hulle het vriende gemaak wat nou op hul beurt hier kom kuier!  


Vanaf vanaand (Vrydagaand) is daar gesamentlike oefenings, optredes en kuiers saam met die Duitsers wat beloof om 'n ervaring van 'n leeftyd te wees is vir elke orkeslid en hul ouers. 


Die toerprogram is hier op die blog geplaas en gereelde opdaterings sal gedoen word (touch wood) aangaande die verloop van die toer.  


Willkommen in Südafrika Hahnbach Marktbläser. Wir hoffen, dass Sie Ihren Aufenthalt bei uns viel Spaß so viel wie wir, wenn wir Sie besucht haben !  


Hier 'n paar fotos van die 2009 Europa toer:  






















No comments:

Post a Comment