Monday 19 September 2011

Danie Epos nr 22: 19 September 2011

Geagte ouers.

Graag wil ek die orkes geluk wens met 'n puik etensuurkonsert by Tukkies en 'n puik optrede by die Voortrekkermonument (onder uiters moeilike omstandighede!!).  Die orkes is voorwaar die skool se trots!!!

Baie geluk ook aan Jaco, Dietrich, Marko en Gideon met hul deelname aan die Battle of the Bands.   Hulle was volgens die beoordelaar die mees musikaalste groep, maar omdat hulle nie vocals het nie, het dit teen hulle getel. Maar nietemin, hulle was puik en ek is baie trots op hulle.  Jaco is uitgesonder as die beste kitaarspeler van die dag  en ons wag nog steeds om te hoor watse pizza is Gideon!!  Baie geluk julle 4!!

Vriendelik wil ek u almal versoek om my per epos te laat weet watse prestasies u kind hierdie jaar tydens Eisteddfods, kompetisies en UNISA/Royal Schools ens. behaal het.


Die SA's is hier!!!  Uiteindelik is die oefenweek, waaroor ek al van die begin van die jaar af pleit, hier!  Graag gee ek die volgende deur vir hierdie harde week wat vir ons wag.  Vriendelik versoek ek u samewerking om my te help dat ek elke dag die groepe wat oefen, 100% het.

1.    PROGRAM: OEFENWEEK

Hans Nel, die komponis van Wild West Coach kom Woensdag tot Saterdag na ons toe om ons te help om die stuk af te rond in die regte gevoel te speel.  Baie dankie aan die Tredouxs wat hul voyager miles vir ons gegee het om vir sy vliegkaartjie te kan betaal en Nana wat verblyf verskaf. Ek waardeer julle hulp. Nou wil ek asseblief weer bakhand staan.  Ek benodig nog R2000 vir sy fooi.  Kan enige iemand my asseblief in aanraking bring met enige instansie wat bereid sal wees om ons te borg vir hierdie hulp?  Kontak my asseblief.

1.1    Sien die aangehegte program vir elke dag.

1.2    Die kinders moet AL hul klere op die laatste teen Dinsdag by my kom inhandig (in hul kleresakke asb!!) - GEEN klere moet asseblief in kinders se besit wees nie.

1.2.1    MEISIES:  Volledige konsertdrag, volledige dagdrag, gemerkte skoene, 3 paar Black Mail (matt) sykouse.
1.2.2    SEUNS:    Konsert hemp, swart broek, gewone withemp.  Indien enige seun steeds 'n krawat of strikdas in hul besit het, moet dit ook ingegee word.

1.3    Die res van die oefenprogram is soos uiteengesit op die aanhangsel.

1.4    Etegeld vir die naweek gaan R50 per orkeslid wees. Orkeslede kan dit deur die loop van die week by Jacques inbetaal.

2.    SA's

2.1    Die optreetye is ook hierby aangeheg.

2.2    Ek sal later in die week ons werksverdeling wat tydens die vergadering opgedateer is, weer vir u epos. U hulp is regtig uiters nodig!

Nou ja, ek het nie veel meer om te sê nie, behalwe OEFEN OEFEN en OEFEN,  DIS NOU MIN DAE!!!!!!

Baie dankie vir al u ondersteuning. Sonder die ondersteuning van ons ouers, sal ons NOOIT hierdie hoogtes kan bereik nie. 

2.3    U het tydens ons oueraand gehoor hoe bekommerd ek was oor ons borg wat deur die mat geval het om die beoordelaars te betaal.  Ek wil graag terug rapporteer dat Theo dit reg gekry het dat RICOH vir ons R10,000.00 gegee het om ons beoordelaars te betaal! Baie dankie vir jou aanvoerwerk Theo!!   Nou kort ek nog net so R5,000.00 dan is my kop deur.  Baie baie dankie aan julle almal wat my nou al hiermee gehelp het!!

2.4    Laastens wil ek baie sterkte sê vir Susan Tredoux en al die mammas wat nou onder haar leiding gaan begin om ons kinders se klere reg te kry vir die SA's.  Baie sterkte ook aan Sandra Strydom wat nou die perd opgesaal het om ons staanderlappies aan te pas en te verander vir die SA's.  Ek waardeer julle ALAML se hulp ongelooflik baie!!

Daar is so baie ouers wat my op die oomblik agter die skerms help om alles in plek te kry, maar ek sal later daarby kom!!

Ek wil graag op 'n ernstige noot afsluit:
Op die oomblik kry ek ongelooflik baie negatiewe kritiek van sommige van ons ouers af oor ons oefenure.  Ek wil dit baie duidelik stel, ons oefen so hard omdat ons die SA's wil wen - NIKS IN DIE LEWE WAT DIE MOEITE WERD IS, KOM MAKLIK NIE en soos wat ek altyd vir die kinders sê, IT'S PAINFUL TO BE BEAUTIFUL.  Dis moeilik vir u kind (en vir my) om positief te wees en hard te oefen as ons ouers negatief is en die hele tyd kla.  Help ons asseblief!! Ons het elke ouer se ondersteuning nou meer as ooit nodig.

Ons het darem nou 'n heerlike rusweek agter die blad en ek dink dis die beste ding wat ons kon doen.  Ek dink verseker ons is nou reg vir die finale afronding. Ondersteun ons asseblief, maar nog meer belangrik - bid asseblief vir ons vir krag, uithouvermoë en deursettingsvermoë.  Ons gaan u hulp en ondersteuning regtig nodig kry hierdie week,  die naweek en volgende week. 

Help my asseblief sodat elke kind by elke oefening is.  Ons doen finale afronding van die musiek, maar ook van ons vertoning self.  Indien u kind iets mis, gaan hy/sy onseker wees wat om te doen. Dit stel die res wat teenwoordig was, baie bloot.  Ek dink nie ek is nou onredelik met my versoek dat elke kind by elke oefening moet wees nie - ek vra dit nou al van die begin van die jaar af.  Wees asseblief positief en ondersteun ons.

Baie dankie aan elke ouer wat ons so getrou ondersteun en met alles help.  Sonder u sal dit NIE vir ons moontlik wees nie

Groete!!

Danie

No comments:

Post a Comment