Monday 1 September 2014

Weekprogram 1-5 September 2014


Beste konsertorkes ouers

Hoop die naweek was 'n aangename een vir u gewees.
Hiermee belangrike inligting vir die week wat voorlê

1. Optredes 28 en 30 Augustus

Baie geluk aan elke orkeslid met 2 baie suksesvolle optredes by die Musion, UP en die Staatsteater. Die orkes was puik en die terugvoer was baie positief, mense was baie in hulle skik met hoe die orkes al klink! 

Baie dankie aan elke ouer wat deel gehad het aan die optredes en dankie dat u u kind die geleentheid gun om musiek te maak op so wyse. Die kinders geniet dit vreeslik om sulke optredes te doen en dis baie goeie voorbereiding vir die SA's!

2. PvR dorpsfees Gala-aand

Nog 'n groot optrede wat op ons wag is die komende Pierre van Reyneveld dorpsfees Woensdagaand 3 September. Dit beloof om 'n baie lekker aand te wees en byvoorbaat baie dankie vir almal wat al kaartjies verkoop het en wat ons gaan ondersteun! Baie dankie aan elke ouer wat betrokke is om dit 'n sukses te maak.

2.1 Die optrede by die dorpsfees begin om 19:00 en die verrigtinge behoort ongeveer 21:30 klaar te wees.
2.2 Meisies moet asb direk na skool (14:15) woensdagmiddag aanmeld om hare en grimering te doen ter voorbereiding ook vir die SA's. Daar is genoeg tyd nodig om dus te bepaal hoe lank almal se hare en grimering sal neem.
2.3 Seuns pak die geraaswa direk na skool of om 16:00.
2.4 Die bus vertrek van die skool af kerk toe om 16:30 stiptelik. Laat weet asb dus as u kind nie saam met die bus gaan ry nie. DAAR SAL NIE 'N BUS TERUGRY SKOOLTOE NA DIE OPTREDE NIE, KINDERS MOET ASB SELF SAAM MET DIE OUERS TERUGRY VANAF PvR NA AFLOOP VAN DIE AAND.
2.5 Die orkeskinders moet asb 17:00 by PvR wees om die verhoog op te stel en Anneke Grobler sal dan ook gereed wees met die klere dat almal kan aantrek.
2.6 Kaartjies vir die optrede kan nog gekoop word tot en met Maandag 1 September om 14:00! Kontak asb vir Mev Carin Hartzenberg indien u nog belangstel.

3. Orkesoefeninge

3.1 Daar is dinsdagaand 2 September 'n orkesoefening vanaf 17:30-20:00. Daar word dan opgeruim en almal sal 20:20 verdaag!
3.2 LET ASB OP DAT DAAR NIE KOMENDE NAWEEK 5 EN 6 SEPTEMBER NAWEEKOEFENING SAL WEES NIE!
Dit is op die jaarprogram aangedui dat daar wel een is, jammer vir die kort kennisgewing, maar die matrieks moet daardie naweek swot vir die rekordeksamen wat volstoom begin op 7 September, dus sal die naweekoefeninge vanaf 12 en 13 September begin. 

Vir die maand van September is daar net oefeninge op naweke agv die rekordeksamen.

Kontak my gerus vir verdere inligting.
Vriendelike groete,
Jaco van Staden
(Afrigter en dirigent)
jmcvanstaden@yahoo.com




No comments:

Post a Comment