Friday 12 September 2014

Naweekoefening 13 September 2014 en Ensemble vir SA's

Foto: Corne Visser (oud-orkeslid)
Beste konsertorkesouers

Vind asb aangeheg (onderaan hierdie post) die Ensemble lys en repertoruim vir die SA's.
Ek moet nog die skedule finaliseer van presies wanneer die ensemble sal oefen, maar dit sal binne die beplande orkesoefentyd plaasvind soos aangedui op die jaarprogram. LW, die jaarprogram se oefeninge vir die verpligte oefenweek sal moontlik verander. Ek sal u teen die naweek kan inlig daaroor.

1. Naweekoefening 13 September

Let asb op dat die etegelde vir die oefening R60 per kind sal beloop. Die geld moet asb saterdag aan Mev Anneke Vermaak gegee word. Die etes se gelde sal vir die res van die maand uitgewerk word en aan u duidelik gemaak word voor volgende naweek se oefening.

SKEDULE VIR SATERDAG SE OEFENING:

09:00    Ligte ontbyt
09:30    Oefening in skoolsaal (vol orkes olv Terrence Cole)
11:00    Koffiebreuk
11:20    Oefening gaan voort olv Mnr Jaco van Staden
13:00    MIDDAGETE (Meisies moet asb konsertrokke aanpas, die wat in die ensemble speel moet asb eerste aanpas).
14:00-16:00    ENSEMBLE OEFENING: Sien lys van spelers (Die wat nog nie aangepas het nie, moet dan in die tyd aanpas). Orkeslede wat nie in die ensemble speel nie en wie se konsertklere uitgesorteer is kan dan verdaag.

2. ORKESREPERTOIRE:

Hiermee dan die repertoire wat die konsertorkes sal speel vir die SA's:

1. Winter Games
2. I Have Dreamed
3. Africa
4. Five Star Melodies

#Kan ek asb vra dat u help om u kind se musiek in hierdie volgorde te plaas in hulle flip-files.

Die skedule vir die SA's is nog nie 100% gefinaliseer nie, sodra ek en Mnr Smith weet wat die presiese program sal wees sal ons dit vir u deurgee so gou moontlik.
Lekker dag verder!
Ensemble lys en Repertoruim vir die SA's
Groete,
Jaco van Staden
(Afrigter en dirigent)
 










PS:  Die jaar is amper verby:





No comments:

Post a Comment