Saturday 30 August 2014

Carmina Burana - Karel en Alex saam met UPSO: Aula 29 Augustus 2014

Karel van Rheede en Alex de Kock het hierdie week saam met die Universiteit van Pretoria se Simfonieorkes (UPSO) o.l.v. Eddie Clayton, in die Aula opgetree.

Al 25 bewegings van Carl Orff se Carmina Burana (Old Spice advertensie) is uitgevoer saam met 'n massakoor wat uit 234 lede bestaan het. Die koor is saamgestel uit UP Camerata (wen die World Choir games in Riga, Latvia 2014), Ovuwa (UP cultural choir) en Jacaranda Children's Choir.

Amper onnodig om te noem dat hulle 'n lang en staande toejuiging ontvang het!

As dit moontlik is moenie die laaste optrede Sondag in die Aula misloop nie.

Die Klofie-orkes het 'n spesiale band met UPSO deurdat baie oud-orkeslede (sowel as huidige Klofie-orkeslede) deel is van UP se Simfonieorkes.



Alex de Kock (Tuba) en Karel van Rheede (Franse Horing) na afloop van Vrydagaand se vertoning
Alex de Kock
Karel van Rheede
Cariné Kruger, Alex de Kock, Karel van Rheede, Alicia Britz en Renée Hartzenberg

No comments:

Post a Comment