Monday 22 September 2014

Konsertorkes SA's: Oefenweek 22 tot 26 September 2014

DIE OEFENWEEK HET IN ALLE ERNS VANDAG BEGIN EN DIE STRES 
BEGIN KLAAR SY TOL EIS: 

LOUISE BURGER NEEM 'N PAAR OOMBLIKKE OM TE ONTSPAN NA DAG EEN SE OEFENING ...... OP DIE TEERBLAD .... IN DIE PARKEERTERREIN ..... VOOR DIE SKOOL ..... 17: 30 IN DIE MIDDAG.   .... NOG NET VIER DAE OM TE GAAN .....


Foto's: Michelle
Jaco:

Geagte konsertorkes ouers

Soos u nou al weet kan ek al van die begin van die tyd wat ek die orkes oorgeneem het nie die SA's vanjaar kan dirigeer nie agv ander verpligtinge wat alreeds baie vroeg vanjaar vasgemaak was. Ek het toe vir mnr Smith genader om die SA's waar te neem. Na 'n lang vergadering met Mnr Smith het hy
vir my gevra om die volgende e-pos aan u te stuur namens hom.

Lees asb die hele e-pos noukeurig deur, dit gaan ook oor die oefeningweek wat voorlê, tye ens. Sien ook asb aangehegte dokument (ook bo-aan blog beskikbaar: "KLOFIE-ORKES FINALE REËLINGS SAPD KOLLEGE Pretoria 4 Oktober 2014") .



Danie:

"Geagte Jaco en Ouers.

In die eerste plek wil ek vir Jaco baie dankie sê vir die geleentheid om so betrokke by die konsertorkes te kan wees. Baie dankie ook aan al die ouers wat my die afgelope tyd so ondersteun. Ek waardeer dit ongelooflik baie.

Ek wil egter om verskoning vra omdat ek terug staan met die voorbereiding en dirigentskap tydens die SA’s. My gesondheid het die afgelope week ‘n ernstige knou gekry en ek wil nie die kans vat om die orkeslede te ontsenu met die gedagtes dat ek nie by elke oefening kan wees nie en meer belangrik, dat ek dalk of in die hospitaal land of siek is tydens die SA’s nie. Daarom het het dit goed gedink om vir Kolonel Matthys Pienaar te vra om by my oor te neem.

Matthys ken al die musiek (hy het al hierdie puik verwerkings gedoen), het al baie met die kinders gewerk en hy kan die pad saam met die kinders loop om vir hul stabiliteit te gee en om hul te lei met die kompetisie. Baie dankie aan Matthys hiervoor en ons staan by jou en loop die pad end uit saam met jou. Die oefening die naweek saam met jou was puik en ons kinders klink ongelooflik. Hul is op die regte pad na die SA’s toe.

1. OEFENWEEK

Ouers, dis nou meer belangrik as ooit dat ons u samewerking en ondersteuning nodig het. Dis bitter belangrik dat elke kind by elke oefening moet wees. Ons is jammer vir al die ontwrigting, al die veranderings, maar die belangrikste, ons het ‘n baie goeie en werkbare program. Maar die program is net so suksesvol soos wat die kinders teenwoordig is en daar is vir elke oefening.

Hierdie oefenweek wat nou begin is regtig die maak of breek oefenweek. Die oefenweek kan slegs suksesvol wees indien ELKE kind teenwoordig is. Ek doen ‘n dringende beroep op u elkeen om ons te ondersteun.

Matthys het uit sy pad gegaan om hierdie oefenweek in die middae saam met die kinders te oefen i.p.v. in die aande – kinders wil gedurende aande leer vir toetse. Dit is besluit nadat ek die hele orkes bymekaar gekry het verlede week Dinsdag en dit met hulle uitgeklaar het. Ondersteun ons asseblief!!

Baie dankie by voorbaat vir al u ondersteuning.

Die tye vir die oefenweek sal soos volg wees:

DAG TYD BESKRYWING
Maandag
14:30 – 17:30
Konsertorkes & Ligte Musiekensemble oefen.
Dinsdag
14:30 – 17:30
Konsertorkes & Ligte Musiekensemble oefen. 
(Drink baie water deur die dag!)
Woensdag
09:00 – 14:00
14:00 – 17:00
Konsertorkes.
Ligte Musiekensemble
(Ensemble, bring kospakkie vir middagete)
Donderdag
14:30 – 17:30
Konsertorkes & Ligte Musiekensemble oefen.
Vrydag 14:30 – 18:00 Slegs die Ensemble oefen.

Baie dankie dat u ons ondersteun en sal help om elke kind elke oefening teenwoordig te hê asseblief!! Ons maak regtig staat op ons ouers!

2. HULP MET SA’s

Baie dankie aan die ouers wat op ons versoeke vir hulp gereageer het. Die finale beplanning is aangeheg. Gaan dit asseblief met ‘n vergrootglas deur.

Indien u naam nog nie op die lys is nie en u wil help, bel my asb dadelik sodat ek u kan opsit. Indien u naam op die lys is en u nie kan help nie, kontak my ook asb dringend.

Kyk asb veral na die beplanning vanaf Woensdag. Donderdag is baie belangrik, veral vir die ouers wat ons op die verhoog help.

Saam met ons ouers sal ek oorlog toe gaan!!!

Laastens wil ek ons seuns se ouers baie dringend versoek:

*ALLE SEUNS EN PA's SE HARE MOET ASSEBLIEF GESNY WORD VOLGENS SKOOLREËLS!!

Baie sterkte vir die week!!

Groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel: 082 853 8698
Tel (skool): 012 – 347 0277 X 130
Faks: 086 512 8755









* Flou grap ....maar seuns MOET hulle hare sny!!

HIER IS DIE FINALE INLIGTING WAT OOK BO-AAN DIE BLOG BESKIKBAAR IS:






















No comments:

Post a Comment