Friday 5 September 2014

Staatsteater tot Oosterlig Optredes: "I Like to Move-It Move-It!"

Hierdie week wat verby is was vir my een van die mees intense weke in my 10 jaar by die orkes.  

Twee maande terug het almal gewonder of die orkes die Innibos – fees gaan kan oorleef en hier het ons sommer drie uitsonderlike optredes in een week! 

Saterdag 30 Augustus 2014 was die jaarlikse optrede in die Staatsteater voor ’n vol kapasiteit gehoor,  Woensdag 3 September 2014 was die optrede tydens  die Pierre van Ryneveld Dorpsfees saam met Kaleidoskoop en  Vrydag 5 September 2014 het die “Brass Quintet (en Sax)” opgetree tydens Oosterlig NG kerk talentaand.

Ongelukkig het ek geen foto’s van die Dorpsfees optrede nie (a.g.v. tegniese probleme – say no more! ..... ) en ek sal dit baie waardeer as iemand wat foto’s tydens die optrede geneem het so gaaf sal wees om vir my foto’s te stuur wat ek op die blog kan plaas. 

[Ons is dringend op soek na ‘n vrywillige slagoffer wat vir ons foto’s sal neem tydens al die orkes se optredes -natuurlik teen geen vergoeding en ongelooflike opoffering! Kontak asb. vir Jaco of myself so spoedig moontlik.]

Tydens hierdie week het ek die volgende geleer:

     1.       Die Orkes gaan swaar leef sonder die onvoorwaardelike ondersteuning en hulp van elke orkes-ouer;
     2.       Wian speel  ook ‘Euphonium’;
     3.       Oosterlig NG Gemeente se diakens dra ‘leopard skin leotards’ as  hulle kerkraadsvergadering hou 
           (en hulle doen ballet in die kerksaal elke Vrydagaand – vra maar die Brass Quintet as julle my nie glo
             nie .....); 
     4.       Barbara Olivier is mal oor die Orkes (sy wil dit nie wys nie want dan dink die ander musiekstudente
           sy trek die orkeslede voor  - Barbra, dankie vir jou mooi woorde Vrydagaand!);
     5.     Kaleidoskoop is AWESOME!
     6.       Ons kort ‘n fotograaf met hare op die tande en baie geduld, en laastens
     7.       Eenmaal deel van die orkes- ALTYD deel van die orkes! – Dit was GREAT om NANA,
           LYNETTE en JACQUES BOTHA weer te sien toe hulle die orkes kom ondersteun het hierdie week – 
           julle is die “spirit” van die orkes!

Geniet die foto's:














































































































No comments:

Post a Comment