Monday 8 September 2014

Weekprogram 8-13 September 2014

Beste orkesouers
Hoop julle het 'n lekker naweek gehad!

Onthou hierdie unieke en die baie spesiale aand in die Orkes se geskiedenis:
(diegene wat Woensdag by die Dorpsfees was sal sekerlik saamstem)






1. Program vir September

Vind asb aangeheg (MS excel dok) die program vir die volgende week se oefeninge wat voorle.
Daar is nou ongelukkig op die nippertjie 'n paar veranderinge wat kom ivm die oefeninge. Net kortliks, agv die smulfees vrydag, gaan ek 2 oefeninge hou die week en dan saterdag. Die oefeninge sal dan dinsdag en donderdagaande wees met verskeie seksieoefeninge. (sien asb beskrywing op aangehegte dokument). Dinsdagaand se oefening is slegs vir koperblasers, kitare en perkussie. Donderdagaand se oefening is slegs vir strykers, houtblasers, klavier en klaverbord. Matrieks word verskoon vir die weeksoefeninge, maar moet asb saterdag se oefeninge bywoon!

2. SA's

Daar is 'n paar vrae oor watter reportorium gespeel gaan word op die SA's, asook die ensemble. Ek sal in hierdie week meer duidelikheid kan kry daaroor, dinge is nog baie nuut vir my mbt die program vir SA's ens, en ek sal met Mnr Smith vergader juis om meer oor die ensemble kwessie uit te vind en presies watter kinders betrokke sal wees. Ek sal u op hoogte hou, wees asb so bietjie geduldig hieroor, ek is maar nou eers 'n maand by die orkes en dis nie al wat ek doen nie.

#Graag wil ek ook van my kant af baie dankie se aan al die ouers wat my bystaan met die orkes, dis lekker om te weet daar is mense wat baie hulp verleen op die stadium. Die afgelope paar optredes het baie goed gegaan, ek is baie trots op die orkes op wat hul bereik het sover in so kort tydjie en ek vertrou dat die orkes en ensemble 100% gereed sal wees vir die SA's!



Vriendelike groete,

Jaco van Staden

(Afrigter en dirigent)

No comments:

Post a Comment