Wednesday 17 September 2014

Naweekoefening 19, 20 September, SA's 2014

Beste orkesouers

1. SA's 2014

Toe waterkloof my genader het ivm die konsertorkes het ek vir hulle 'n paar datums gegee waarvoor ek alreeds gekontrakteur was as horingspeler onder andere Skouspel wat bots met die SA's die 4de Oktober! Ek en Mnr Smith het gekyk of die orkes in die oggend sal kan optree en dit lyk of dit so gaan wees dat die orkes net in die middag sal kan speel! Die loting vir die SA's sal more (dinsdag) plaasvind en dan sal ons presies weet wanneer speel wie en hoe laat. Wat die gevolgtrekking nou is, is dat Mnr Danie in sy goedhartigheid die Orkes en Ensemble sal dirigeer vir die SA's asook met hulle oefen van hierdie vrydag af tot en met die SA's. Ek sal by die oefeninge wees en help om die orkes te "shape" vir die SA's wat voorle. Wat ek van u vra is om die besluit te ondersteun en begrip sal he vir die situasie waarin ons onself nou vind. Ek is baie jammer dat ek nie die orkes vir die eerste keer in my loopbaan SA's toe kan vat nie, maar ek vertrou met Mnr Danie wat gewillig is om oor te neem vir die tydperk dat die orkes goed voorbereid sal wees vir die SA's! Ek is jammer as dit enige ongerief vir u verooksaak!

2. Naweekoefening 19, 20 Sep

Wees asb bewus van die naweekoefening wat gaan plaasvind komende Vrydag en Saterdag 19 en 20 September.
Ek is baie jammer dat die tye/dae so wiplank ry, maar met Mnr Danie wat nou die orkes gaan oorneem wil hy graag met die orkes vrydag ook werk (soos op Jaarbeplanning). Vind asb aangeheg die skedule vir die naweekoefening (MS Excel).
NB: Nuwe lede gaan komende Saterdag vir my moet oudisie speel, hulle moet ten minste 80% van hulle stukke ken anders kan hulle NIE SA's toe gaan NIE! Let ook asb op dat die beplande oefenweek wat volgende week is nog nie vasgemaak is nie, ons sal u na saterdag se oefening in kennis stel wat in die oefenweek sal gebeur.

3. Etegelde
Anneke Vermaak het vir my 'n lys gestuur ivm die etegelde van die jaar wat betaal/uitstaande is. Sal u asb indien u kind nog etegelde skuld, dit so gou moontlik aan Mev Vermaak betaal! Ek sal die lys op aparte e-pos stuur.

4. Ouerhulp vir SA's
Mnr Danie het die nuutste lys van ouerhulp by die SA's opgestel en uitgewerk (Bo-aan Blog beskikbaar). Sal u asb indien u betrokke is by ouerhulp, noukeurig deur u pligte vir die dag ens kyk en kontroleer of dit reg is! Daar is wel nog ouerhulp nodig mbt die SA's en indien u graag betrokke wil raak, laat weet asb vir Mnr Danie daarvan, u betrokkenheid word opreg waardeer, dit is juis 'n baie belangrike dag vir die kinders!

Baie dankie vir u begrip rondom die rowwe tyd wat voorle, nog net 'n paar weke dan kan die stof weer gaan le.

Vriendelike groete,
Jaco van Staden

(Afrigter en dirigent)













Starburst Promotions ,
Kanada Records  :

Baie geluk aan Kaleidoskoop met die 
Nr.1 posisie 
op die 
Maroela Media Top 20 
hierdie week met:

#Roadtrip!

No comments:

Post a Comment