Monday 29 September 2014

SA's 2014: "The final countdown"

Beste konsertorkes ouers

Hiermee wil ek graag inligting rondom die komende week met die SA's wat voorlê aan u deurgee.
Eerstens wil ek persoonlik vir Mnr. Danie en Matthys Pienaar bedank met die harde werk wat hulle tans in die orkes insit, ek vertrou dat alles glad verloop en dat die orkes slaggereed is vir die SA's. Julle word baie waardeer, baie dankie, en ek glo die kinders werk lekker saam. 

Ook baie sterkte aan Matthys wat die orkes by die SA's gaan dirigeer!!! Ook wil ek elke ouer bedank vir jul toewyding rondom die konsertorkes en om die dag van die SA's vir almal makliker te maak, baie dankie!

1. Oefeninge

Let asb op dat daar orkes oefening is Dinsdag 30 Sep, 14:30-16:00. En dan ensemble oefening vanaf 16:00-17:30 (maksimum). Daar moet finale reelings en oefening gedoen word, so geen verskonings nie asb!

Vanaf woensdag 1 Okt sal die skedule gevolg word soos aangedui op die aangehegte vorm (FINALE SA REELINGS). Maak asb seker u laai die dokument af mbt tot verantwoordelikhede asook ouerhulp en waar u kind wanneer moet wees. Die beplanning was baie noukeuring uitgewerk (dankie aan Mnr Smith), so dit moet asb volgens dit gevolg word!

Lees asb onderstaande boodskap van Mnr Smith:

1. "Die Polisiekollege wil op hierdie stadium ons nie toelaat om in die kerk te gaan oefen donderdag nie. Voorlopig skuif ons dan nou skool toe totdat ek finaal weet ons kan nie daar gaan oefen nie".

2. "Al die ouers wat op die verhoog met klank, stoele, staanders, musiekboeke, staanderlappies, ens. help, moet asb donderdagaand 18:00 by die skool/kerk wees sodat ons hul kan wys wat om te doen".

3. "AL die seuns se hare MOET volgens skoolreëls gesny wees, of hy sal nie optree nie. Dieselfde geld vir verkeerde skoene. Slegs skoolskoene met skoolrieme".

* Indien u nog etegelde skuld, betaal dit asb so spoedig moontlik aan Mev Anneke Vermaak!

Hoop die week is vir almal suksesvol!

Groete,
Jaco van Staden

(Afrigter en dirigent)






















No comments:

Post a Comment