Saturday 2 March 2013

Orkesoptrede vir die Ouers: 2 Maart 2013

Die orkes het vanmiddag opgetree in die Gereformeerde kerk oorkant die skool.  Dit was die eerste keer hierdie jaar wat die ouers hulle kon hoor speel.  Hulle het 2 splinternuwe stukke aangepak hierdie naweek en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt.  Nuwe lede is sag dog ferm aan hulle status laat nadink soos wat duidelik op die fotos sigbaar is.

Hierdie optrede is weereens die begin van 'n baie uitputtende jaar, veral omdat dit die 10de herdenkingsjaar van die konsertorkes is.  Nuwe ouers, maak julle sitplekgordels vas!  Hier gaan ons....

Hierdie prentjie herinner aan die SA's 2012 - met 'n nuweling.  Welkom Renier!






'n Pirate of 'n Alien?



Peter, die eerste lid van die orkes 10 jaar gelede is vandag ons Junior Maestro!  Jy is vir ons goud  werd  Peter, baie dankie!




Die nuwe lede word voorgstel: 

"Hallo Mamma....... Hallo Pappa......Ek is 'n Paairit.......Aaaaaarrrrrrgggggghhhhhh!!!!!!!"
















Dis altyd lekker om te sien dat oud-lede kom luister!   Hoop dit gaan goed daar op Universiteit Marco! 

Hehe....Na die kamp gaan jou lippe seerder as jou voet wees Braampie! 













"Julle se NOG een! Ok ons kan julle die hele naweek vermaak!" 


Etenstyd by die Klofie Orkes:

Hierdie is die mense wat die orkes dra!  Die kos is altyd baie lekker en, belangrik, dis ALTYD genoeg!!! Die kos wat die kinders kry is net so beroemd en bekend as die orkes self.  Napoleon het gese 'n weermag kan nie op 'n lee maag oorlog maak nie.


Nee! Dis nie die storie van Hansie en Grietjie nie!  Muwhahahaha!
Die kospotte van Egipte het vandag gesorg vir skyfies.










Die klere-tannies  is net so onmisbaar!  Dankie Susan en Elsa!  






No comments:

Post a Comment