Monday 18 March 2013

Danie Epos Nr 11: 17 Maart 2013


Geagte ouers.

Sjoe, die eerste wilde kwartaal is verby!!!

Baie dankie aan al die ouers wat vir my en in besonder die orkes ondersteun het. Sonder ons ouers se positiwiteit en ondersteuning sal ons nie suksesvol kan wees nie!

Ontvang hiermee die epos wat handel oor ons kamp.

    1.  KAMPGELD

1.1             GEEN kampgeld moet nou meer by skool inbetaal word nie.  Uitstaande gelde moet direk by my in kontant inbetaal word op die laatste teen maandagmiddag 14:00.
1.2             Ouers wat vir die braai bespreek het teen R80 per persoon (3 vleise, slaai, pap en sous), moet die geld in aparte koevert plaas en by Danie inbetaal voor Woensdag.

    2.  KAMPPROGRAM

2.1       Program:  Die orkeslede sal Dinsdag elkeen ‘n kampprogram ontvang.  U sal merk dat hierdie ‘n redelike harde oefenkamp is en dat daar nie tyd vir speel of droogmaak is nie.  Daarom is dit uiters noodsaaklik dat u en u kind na die kampreëls kyk en dat u met u kind daaroor sal praat.  ENIGE kind wat vir my ‘n probleem skep, sal onmiddelik die kamp en orkes moet verlaat.
2.2       Ouers moet program deeglik bestudeer en hulle vergewis van al die reëls en ook die saamvat-lys. 
2.3       Die program sal ook op die blog wees (klofieorkes.blogspot.co.za).
            [Beskikbaar bo-aan die Blog onder die opskrif:"KAMPPROGRAM 2013"]
2.4       Die kampprogram is slegs ‘n riglyn en die vordering van die kinders bepaal die program.
2.5       Indien daar enige aspek / aktiwiteit van die kamp is waaraan u kind nie mag deelneem nie, moet u dit dadelik op epos onder my aandag bring.  Indien ek geen epos van u ontvang nie, aanvaar ek dat u kind aan alle aktiwiteite, vervoer en funksies op die kamp mag deelneem.

    3.  PERSONEEL WAT SAAM GAAN KAMP

Die persone wat my met die kamp gaan help is:

3.1       Terrence Cole (gasdirigent en repiteur)
3.2       Peter van der Poel  (Koperblasers en perkussie, asst. dirigent)
3.3       Engelette Kruger  (Houtblasers en klawers / strykers)
3.4       Cobus Zeeman (Kitare)
3.5       Dan gaan Jacques Tredoux my help met die strykers en Kolonel Matthys Pienaar (Suid-Afrikaanse Lugmagorkes) kom ons help met ‘n stuk wat hy gekomponeer het.

    4.  OUERDAG

Ek wil u almal hartlik uitnooi om ins ouerdag op 6 April by te woon. Die reëlings is soos volg:

4.1       10:00              Ouers arriveer by die hoofkamp, Kwalata.
4.2       11:00              Die orkes tree op in die restaurant om te demonstreer wat hulle vir die week gedoen het.
2.3       12:30              Vertrek na Phiri-kampterrein waar ons gebry het.  Ouers doen inspeksie in die kamers.
2.4       13:00              Wanneer ons arriveer behoort die vleis klaar gebraai te wees, dan kan ons eet!
2.5       14:30              Last Post blaas – ALMAL staan doodstil en op aandag.  Dit kondig die einde van die kamp aan.  Die kinders vertrek dan saam met hul ouers huistoe. 
                                    
LW- daar is NIE ‘n bus terug skool toe nie.  Die orkeslede neem AL hul toerusting, instrumente, staanders ens. saam met hulle.

    5.  SELFONE

5.1       GEEN kind sal ‘n selfoon gebruik gedurende oefentye nie.
5.2       Indien ‘n kind met ‘n selfoon gevang word, sal die selfoon vir die res van die kamp afgeneem en toegesluit word.
5.3       Hul kan wel hul selfone gedurende breuke gebruik.  U kan ook op ons program kyk wanneer is tee- en etenstye.
5.4       Slegs die 2 hoofleiers, Gideon en Estiaan asook die konsertmeester Jacques, mag hul selfone by hul hou SLEGS VIR KOMMUNIKASIE MET MY!!
5.5       Indien daar ‘n noodgeval is en u moet dringend ‘n boodskap by u kind uitkry, dan moet u my skakel. 
5.6       Indien u my nie in die hande kry nie, kan u vir Hester by Kwalata skakel by 012-711 8200. Maar dit is slegs in noodgevalle.

    6.  “ROMANSE”

Nie ek of my leiers gaan nie agter kinders aanloop om hulle te soek waar hul romanties in donker hoekies verkeer nie.  Hierdie is NIE ‘n kamp vir romanse nie – dit hoort by die huis onder u toesig.  Indien kinders hierdie reël oortree, sal ek u skakel en u moet die kinders onmiddelik kom haal. U moet hierdie punt met u kind bespreek en hulle waarsku. 

    7.  VERVOER

7.1       Die orkeslede kom Sondag, 31 Maart in die skool se parkeerterrein bymekaar waar die busse om 12:30 gepak word.
7.2       Die bus vertrek 13:00.  LW- daar is NIE ‘n bus terug skool toe op 6 April nie.  Die kinders gaan saam met hul ouers huistoe.

    8.  VERBLYF

Die kinders het hulself in die kamers ingedeel en daar sal geen veranderings gemaak word nie. Sien indelings in program.

    9.  DIENSGROEPE

Die orkeslede is almal in diensgroepe ingedeel om sekere take te verrig.  Hul het nie ‘n keuse as om te help met die daaglikse take nie!!  Daar sal opgetree word teen die kinders wat lui is en nie wil help nie… J

    10.              NUWE LEDE

10.1    Die nuwe lede is ook ingedeel om met sekere take te help.  Ons is ‘n tadisieryke orkes en almal is deel daarvan.  Indien ‘n kind NIE deel van ons tradisies wil wees nie, is dit sy/haar goeie reg en keuse.  U hoef nie bekommerd te wees dat daar”ontgroening” is waar u kind verdeder sal word nie.  Dis nie deel van ons tradisies nie.  Daar is wel ander skoon pret.  Maar ek sê weer, elke kind kry die keuse om saam te speel of nie.  Indien u kind nie wil deel wees van ons pret nie (soos seniors se etes te bedien, volgens die temas aan te trek, konsert te hou, met eiers gegooi te word ens nie, moet u dit vir my asb per epos laat weet.
10.2    Die nuwe kinders moet ook elke dag volgens ‘n tema aantrek (sien kampprogram).  Hul moet baie kreatief wees SONDER om geld daarop te spandeer.

    11.              POTJIEKOS

Die kinders is in potjiekosgroepe ingedeel per loting.  Hul ontvang al die bestandele by die kamp.  Al waarvoor hul moet sorg is hul tema en dokorasies om hul temas uit te beeld.  Help u kind asseblief! J

    12.              SAAMVATLYS

Ek het vir u ‘n saamvatlys in die kampprogram gesit.  Pak asb daarvolgens.  Dit is belangrik om te weet dat ons verblyf en oefenlokaal ongeveer 2km uitmekaar is en dat ons heen en weer gaan pendel met wildkyk-voertuie.  Die kinders moet dus warm baadjies vir die laataande saamneem, moenie dat die somer hul bluf nie!!  Dis redelik koel 23:00 in die aand in die veld!!  Ons oefen baie hard en hul kele en liggame gaan warm wees.  Ek is bang hul word siek.


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment