Tuesday 12 March 2013

Danie Epos Nr 10: 12 Maart 2012


Geagte ouers.

Graag net die volgende reëlings vir Woensdagaand se optrede by die Leierskapinstituut-dinee hier by die skool in die saal:

     1.      16:45                          Orkeslede kom in my klas bymekaar, klaar aangetrek met volledige SA-kleure (meisies dra “deurtrek ponie”). Meisies gaan hare en grimering na.  Meisies se hare moet klaar reg wees. 
  
     2.      17:00 – 18:00            Stel op, warm op en klanktoets.  Ontruim saal.
     3.      18:30 – 19:00            Optrede.
     4.      19:00  - 19:30            Oppak en verdaag.

Slegs die senior orkeslede tree op.  Die nuwe orkeslede kom nie skool toe nie en tree ook nie saam op nie.

Ek kan ook nie sê hoe laat ons gaan klaar gaan wees nie – ons speel tot 19:00 en dan moet ons eers alles oppak.  Sodra ons klaar opgepak het, kan u kind u sms of bbm om te laat weet u kan hulle kom haal.  Elke orkeslid moet sy/haar instrument en staander saamvat huistoe omdat ons nie in die saal kan gaan om dit weg te pak nie.

Laastens wil ek ‘n dringende versoek rig aan u en u kind.  Kinders kom laat en hou nie by ons tye nie.  Help my asb deur u kind betyds by die skool af te laai.  Soos ouers met ‘n skok Saterdag agter gekom het – as die bus 08:00 moet ry, dan ry ons.  Ons kan nie wag nie, anders is ons laat aan die ander kant.  Dieselfde hier by die skool.  As u kind laat is, hou dit ons organisasie op en kan ons nie betyds doen wat ons moet nie.  Soms laat dit my met ‘n rooi gesig.

Ek leer die kinders… “To be late is NOT a lack of time, but a lack of respect!”.  Ons moet asseblief by tye hou.  Ek sal dit baie waardeer.

Groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment