Monday 4 March 2013

Danie Epos Nr 9: 4 Maart 2013


Geagte ouers en orkeslede.

HOOFLEIER AAN DIENS:         GIDEON ZEEMAN
ORKESLEIER AAN DIENS:        MICHELLE

    1.  NAWEEKOEFENING

1.1             Eerstens wil ek baie dankie sê vir almal wat gehelp het om vir ons kinders kos te gee, klere te meet ensovoorts.  Ek waardeer almal se hulp baie.

1.2             Dankie aan Peter wat steeds die orkes namwens my hanteer op hierdie stadium – ek het groot waardering daarvoor.


    2.  PROGRAM TOT EINDE VAN KWARTAAL

2.1             Oefeninge sal plaasvind soos op ons beplanning.

2.2             Eerskomende Donderdag gaan ‘n baie lang dag vir ons kinders wees.  Dit is oefening / kleedrepities vir Mnr en Mej Waterkloof en dan daarna die optrede vir Mnr en Mej Waterkloof – sien beplanning vir tye.
2.2.1       Maak asb seker u kind het ‘n kospakkie vir Donderdag met genoeg drinkgoed.  Hul kan dit in ‘n koelboks by hulle hou.
2.2.2       Ons trek almal wit en swart aan: Junior Seuns – swart langbroek met wit langmou hemp wat opgerol is.  Die junior meisies dra ‘n swart rompie met wit bloesie.  Seniors trek hul SA-kleure aan (sonder das en baadjie).
2.2.3       Dit is ‘n baie lang aand, wees voorbereid daarop.  U kind mag verdaag na afloop van die optrede 18:00 – 19:00.

2.3             Ons speel eerskomende Vrydagoggend vir ‘n MK-TV opname om 10:30.  Die orkeslede moet met hul LO-hempie en blou denim skool toe kom en moet hul skoolklere saambring!!  Na afloop van die opname trek hulle hul skoolklere aan.

2.4             Optrede Saterdagoggend:  Sien Jaarprogram vir tye.  Die hele orkes gaan saam en trek LO=hempie en blou denim aan.  Hul moet dus Vrydagoggend hul denim en LO-hempies mooi opvou en bêre na afloop van die opname!!

2.5             Optrede Woensdagaand, 13 Maart hier by die skool vir die leierskapinstituut se dinee.  Ons tree op in SA-kleure.


    3.      KLEREDRAG

3.1             Ek wil die nuwe orkeslede en orkeslede van ander skole se ouers daaraan herinner dat ons gereeld met die skool se LO-hempie, blou denim en die skool se Drimac optree.  U moet asb seker maak dat u kind hierdie klere het.

3.2             Wanneer ons met SA-kleure optree, trek almal wat nog nie SA-kleure het nie volledige skooldrag met baadjies aan.  Seuns tree ALTYD met ‘n langbroek en langmou hemp op.


    4.  KAMP

4.1         Alle elektroniese inbetalings (R2,150.00) moet gemaak word voor of op Vrydag 8 Maart.  Anders gaan dit nie betyds deur die skool se boeke nie en ek sal nie die geld kan aanvra nie.  Indien u NA eerskomende Vrydag betaal, moet u of u kind dit IN KONTANT by die skool inbetaal.
4.2             Gebruik asseblief die korrekte verwysing en moet asb NIE u eie verwysings opmaak nie – dit skep probleme wat veroorsaak dat u self sal moet inkom skool toe om dit reg te stel. Die verwysing is:  ORKES-Kamp-kind se naam en van.
4.3             Ek wil net weereens beklemtoon dat dit uiters noodsaaklik is dat u kind die kamp bywoon.  Indien u kind nie die kamp bywoon nie, loop hy/sy die gevaar om nie verder op te tree totdat hy/sy opp presies dieselfde standaard as die res is nie en ook dat indien u kind nie op die kamp is nie, hy/sy nie die solo’s sal kan speel nie.  Hierdie punt het ek reeds van die begin af genoem.
4.4             U kind sal eersdaags die kampprogram ontvang sodat u ook kan sien wat hulle gaan doen… J




D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment