Tuesday 9 October 2012

Orkes: Klere reelings vir die Gala aand

Beste Orkesouer

Net enkele reëlings in verband met die klere vir die naweek:

1) Ek het nog enkele seuns se klere, dogters se skoene, kleurbaadjies en kleresakke by my. Ek gaan vanmiddag 17h15 by die skool wees om dit aan die orkeslede terug te gee. U kind moet asb nie loop voor hy/sy nie hul klere by my gekry het nie. Ek wil dit nie by die skool laat nie, en ek gaan nie weer kan skooltoe ry om dit terug te gee nie.

2) Seuns moet asb hulle wit aandhemp, swart broek, wit skoolhemp en groen das (in kleresak) aan my oorhandig wanneer ons Saterdag na UNISA vertrek – ek sal dit vervoer en die kleedkamers inrig terwyl hulle met die kleedrepetisie besig is.

3) Ek sal ook sorg dat die SA baadjies by UNISA uitkom.

4) Die seuns het redelik lukraak SA dasse aangestek by die SA’s. Dit mag wees dat u kind nie sy eie das by hom het nie. Maak asb seker. Ek het alle dasse wat ek gekry het, gemerk (agter onder die etiket). Laat my weet indien daar ‘n probleem is – ek het ‘n lys van wat ek ontvang het en ek het alles weer by Empangeni opgelaai. Die dasse moet dus in u kind se besit wees.

5) Kan u my asb ook help met die insameling van die strikdasse – daar is baie minder teruggegee as wat ek uitgedeel het. Dit is elke keer die geval met die strikdasse. Ek het self die dasse aangekoop, maar sien nie kans om dit elke jaar te doen nie. Ek weet wie dasse op die SA’s gedra het, maar kon nie alles terugkry en kontroleer na die groot wen nie!!! Help my asseblief deur strikdasse asseblief nie later as Donderdag by Jacques in te gee nie.

6) Ek het ‘n dringende versoek: Ons kan nie betyds SA dasse vir die nuwe orkesleerders kry nie (ons wil van verskaffer verander – en dit neem tyd) Ek wil u dus vriendelik versoek om my te help deur oud-orkeslede wat u ken, te skakel en te versoek of u ‘n das by hulle kan leen. U moet my asseblief ook nie later as Donderdag laat weet indien u nie reggekom het nie. Ek is jammer vir die ongerief, maar ek wil die uitgawe vir die aankoop van dasse oordeelkundig doen en nie onder tydsdruk nie.

Baie dankie vir al u hulp ondersteuning en die mooi gesindheid met die taak om die Klofie orkes so mooi te laat lyk.

Groete

Susan Tredoux

No comments:

Post a Comment