Saturday 20 October 2012

Danie Epos Nr 26: 19 Oktober 2012


Geagte ouers.

In die eerste plek wil ek uit my hart uit baie baie dankie aan elke ouer sê vir die ongelooflike Gala-aand.  Theunis Tredoux het reeds tydens die Gala-aand namens my en die orkes dankie gesê, maar ek wil dit graag weer doen in ‘n kort sinnetjie.  Ouers, baie baie dankie vir u elkeen se uiters harde werk en bydraes.  Baie dankie dat u bereid was om te help om ons aand so mooi en suksesvol te maak.  U elkeen se bydrae word opreg waardeer.

Mag die Here u elkeen ryklik seën.

Ons droom het waar geword, en dit was om voor ‘n groot gehoor te kon speel.  Dit was die mooiste mooiste aand in my en baie orkeslede se lewens!!

Baie baie geluk aan elke orkeslid wat vir die eerste keer SA-kleure ontvang het, hertoekennings gekry het en die 3 swartbaadjies… Gideon, Annette en jacques.  Meneer is trots op julle almal!!

1. DANKDIENS
Die inligting is soos op die Jaarprogram.  LW- daar is geen busvervoer.

2. AFSLUITINGSFUNKSIE

Ons wil baie graag al ons orkeslede uitnooi na ons afsluitingsfunksie.  Dit is die geleentheid waar die kinders tyd kry om bietjies net lekker informeel saam te kuier.  Hulle werk altyd so hard en kry nie regtig geleentheid om saam te ontspan nie.  Hulle wil dit graag in die vorm van ‘n pizza-aand doen.  Inligting wat ek van ons hoofleier ontvang het is soos volg:

2.1 Datum:  27 Oktober 2012 om 16:30 vir 17:00 – 20:30.  U moet dan asseblief weer u kind om  20:30 oplaai.
2.2 Elke orkeslid moet eerskomende Dinsdag R20 by Michelle inbetaal vir die pizzas.
2.3 Elke orkeslid sorg vir sy/haar eie drinkgoed en kan swemklere saambring.
2.4 Verjaarsdae sorg vir die koek ensovoorts – Annette sal met die kinders reël.
2.5 Dit vind plaas by Dietrich Bauermeister.  Die adres is:
Andries Strydomstraat 538
Constantiapark
0062.

3. KERSSANGDIENS
Sien inligting op Jaarprogram.  Ek wil egter versoek dat die kinders asb die oefeninge hiervoor bywoon.

Ek wil daardie Sondag ‘n formele foto neem van die orkes met hulle SA-kleure.

4. OUERAAND – V.S.A. TOER EN BEPLANNING 2013

Vriendelik wil ek u versoek om Maandagaand 29 Oktober om 19:00 in my klas bymekaar te kom sodat ons na die voorlegging en program van die moontlike VSA-toer kan kyk en kan bespreek.  Ons sal daardie aand ‘n besluit MOET neem!

5. ORKESSAMESTELLING 2013

5.1 Leierverkiesing:
Die leierverkiesing is afgehandel en die leiers vir 2013 word tydens die orkeskinders se afsluitingsfunksie bekend gemaak.
5.2 Orkestrofees:
Die orkeslede stem Dinsdag vir beste Orkeslid, Beste Solis en Beste Leier.
5.3 Verandering van instrument:
Indien u kind van instrument wil verander, moet hulle my volgende week kom sien sodat ons dit kan bespreek.  Daar is ‘n paar posisies wat gevul moet word.  Ek moet volgende jaar taktiese skywe maak omdat ons ‘n groot groep matrieks het. By meeste instrumente is daar nie vooraf vereistes nie BEHALWE by die perkussieseksie.  Ek vewag dat die persoon wat daarvoor aansoek doen, reeds goed moet kan dromstel speel en kan perkussiemusiek lees.  Anders kan ons hulle nie oorweeg nie.

Orkeslede moet asseblief besef dat hulle geen skuiwe namens my kan doen of onderhandel nie.  Ek moet alles self doen om ongelukkigheid te voorkom.  Seniors wat van instrument verskuif geniet NIE voordeel bo nuwe lede nie- die beste word in die plekke aangestel na afoop van die eerste naweekoefening gedurende 2013.

Plekke wat onder andere oopgaan en waar ons moet begin om kinders op te lei is die volgende:

INSTRUMENT
BESKRYWING / VEREISTE
DROMSTEL:
Gideon maak 2013 klaar en Lumar skuif einde 2013 daar in.  Die leerder wat dromstel oorvat, moet reeds in  die orkes in die perkussieseksie gewees het.  Lumar het aan alle vereistes voldoen en daarom neem hy einde 2013 by Gideon oor.  Iemand moet dus nou in Lumar se plek gewerf word.
PERKUSSIE-INSTRUMENTE
Bongo’s, tambourine, triangle, chimes EN dromstel, want dit is hierdie persoon wat moet oorneem indien die drummer siek of afwesig is.
Moet 2014 gevul word met iemand om op te lei gedurende 2013.
Vereiste:  Moet kan dromstel en/of perkussie instrumente kan bespeel en moet kan perkussie-note lees. Hierdie lid moet oudisie kan slaag op die dromstel EN met die perkussieinstrumente aan die einde van eerste naweekoefening 2013, anders verbeur hy/sy die geleentheid.
TIMPANI’s & PERKUSSIE:
Estiaan se plek moet ook gevul word.
Estiaan maak 2013 klaar en posisie moet einde 2013 gevul word.  Ons moet 2013 perkussielid kry wat reeds baie goed kan dromstel speel en goed kan note lees om vir hierdie posisie te begin oplei.  Om te kan dromstel speel. Is ‘n vereiste.  Hierdie lid moet oudisie kan slaag aan die einde van eerste naweekoefening 2013, anders verbeur hy/sy die geleentheid.
Koperblasers
Alle koperblaasinstrumente moet gewerf word, veral die middel brass.
Geen verdere vereistes.
Houtblasers
Alle houtblaasinstrumente moet gewerf word, veral klarinet.
Geen verdere vereistes.
Strykers
Moet reeds instrument kan bespeel.  Ons moet dringend nog cello’s kry.

Ons hoop dat die werwing vir 2013 en 2014 baie suksesvol sal wees!!

Groete.

Danie


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment