Sunday 7 October 2012

DANKFEES: 21 OKTOBER N.G. KERK, ELARDUSPARK


Geagte ouers.

Vind hierby die program vir die dankfees by NG Kerk Elarduspark.

Let asseblief op dat die eerste diens 08:00 is en die volgende diens 09:45.

Kan ek asseblief die volgende reël:

    1.      Die kinders tree met Nasionale Kleure op en die lede wat nie Nasionale kleure het nie, met volledige skooldrag.
    2.      Ons oefen Donderdag 18 Oktober vanaf 14:30 tot 17:30 in die kerk.  Ons gaan dan alles opslaan en dan net so los na afloop van die oefening.  Al wat die kinders saam hulle neem is hul instrumente.  U kan u kind 17:30 by die kerk kry.
    3.      Die kinders moet asseblief  07:20 sit vir klanktoets en opwarming sodat ons 08:00 gereed is.
    4.      U laai weer u kind op na afloop van die tweede diens.  Daar sal geen busse wees nie.  Indien vervoer ‘n probleem is, moet u my asb vroegtydig laat weet sodat ons dit in die orkes kan uitsorteer hierdie week gedurende Dinsdag, Woensdag of Donderdag se oefeninge (sien oefentye op vorige Jaarprogram).
    5.      Die volgende twee weke se oefeninge word gewy aan die Gala-aand se voorbereiding asook die aanleer van die musiek vir die Dankfees.  U kind se teenwoordigheid is noodsaaklik.
    6.      U word ook baie vriendelik uitgenooi om hierdie spesiale Dankdiens by te woon saam met ons.  Ek wil ook vra dat ons hierdie dienste sal gebruik om lof, eer en dank aan ons Hemelse vader te gee vir ‘n jaar vol van Sy genade.  Kom loof die Here saam met ons.



Vriendelike groete!

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment