Hiermee wil ek graag inligting rondom die komende week met die
SA's wat voorlê aan u deurgee.
Eerstens wil ek persoonlik vir Mnr. Danie en Matthys Pienaar bedank
met die harde werk wat hulle tans in die orkes insit, ek vertrou dat alles glad
verloop en dat die orkes slaggereed is vir die SA's. Julle word baie waardeer,
baie dankie, en ek glo die kinders werk lekker saam.
Ook baie sterkte aan
Matthys wat die orkes by die SA's gaan dirigeer!!! Ook wil ek elke ouer bedank
vir jul toewyding rondom die konsertorkes en om die dag van die SA's vir almal
makliker te maak, baie dankie!
1. Oefeninge
Let asb op dat daar orkes oefening is Dinsdag
30 Sep, 14:30-16:00. En dan ensemble oefening
vanaf 16:00-17:30 (maksimum). Daar moet finale reelings en
oefening gedoen word, so geen verskonings nie asb!
Vanaf woensdag 1 Okt sal die skedule gevolg word soos aangedui op
die aangehegte vorm (FINALE SA REELINGS). Maak asb seker u laai
die dokument af mbt tot verantwoordelikhede asook ouerhulp en waar u kind
wanneer moet wees. Die beplanning was baie noukeuring uitgewerk (dankie aan Mnr
Smith), so dit moet asb volgens dit gevolg word!
Lees asb onderstaande boodskap van Mnr Smith:
1. "Die Polisiekollege wil op hierdie stadium ons nie toelaat
om in die kerk te gaan oefen donderdag nie. Voorlopig skuif ons dan nou skool
toe totdat ek finaal weet ons kan nie daar gaan oefen nie".
2. "Al die ouers wat op die verhoog met klank, stoele,
staanders, musiekboeke, staanderlappies, ens. help, moet asb donderdagaand
18:00 by die skool/kerk wees sodat ons hul kan wys wat om te doen".
3. "AL die seuns se hare MOET volgens skoolreëls gesny wees,
of hy sal nie optree nie. Dieselfde geld vir verkeerde skoene. Slegs
skoolskoene met skoolrieme".
* Indien u nog etegelde skuld, betaal dit asb so spoedig
moontlik aan Mev Anneke Vermaak!
Hoop die week is vir almal suksesvol!
Groete,
Jaco van Staden