Wednesday 11 July 2012

Woensdag 11 Julie 2012: Dag 4

Vandag kon die Orkes laat slaap.  In stede van sesuur opstaan kon hulle vandag tot 06:15 slaap.  hiehiehie.

Vandag se tema vir die nuwe Orkeslede is "Alice in Wonderland" en hulle het aangetrek soos die karakters in die storie.

Die Klofie Orkes het vanoggend die voorreg dat hulle deur een van die bekendste dromspelers in die land besoek word naamlik Tulsa Pittaway.  Hy was die "Drummer" van Watershed (van Indigo Girl) en tans is hy lid van "Evolver One".  Hy gaan die perkussie seksie onder hande neem vir 'n sessie na teetyd.

Vanmiddag gaan sommige seksies op  'n "Game Drive" om bietjie te ontspan waarna dit weer terug is na die oefenlokaal.

Kaartsoldaat


The Mad Hatter


Die wurm op die mushroom (nee, hou op giggel!  ...... daar is RERIG so karakter)

Die Hasie

Mad Hatter

Hasie

Karel

Alice

Mad Hatter

Mad Hatter

Muis

Mad ..... without the hat

Mad Hatter

Mad Hatter

Mad Hat

Alice (Band)
Tulsa het 9:00 gearriveer en die Orkes het hom verwelkom deur 'n musiekvideo van een van sy orkes se treffers op die groot skerm te vertoon.

Hier is die video van Evolver One wat ons vanoggend na geluister het:
Die naam van die video is: "The World's gone Crazy"



Hy het toe met die Klofie Orkes gesels en hulle het baie oulike vrae gehad aan hom.  Daarna het hy 'n uitstekende dromsolo gelewer soos op die fotos gesien kan word.  Gideon, het na almal hom luidkeels aangemoedig het, ingestem en dit was duidelik dat hy geinspreer was deur Tulsa!

















Hier is 'n link na Indigo Girl se video op Youtube, een van Watershed se grootste treffers:  http://youtu.be/a27IgsQckTI 

Nadat Tulsa weg is by Watershed, het hy as Drummer by Evolver One begin speel.  Volg hulle gerus op hul webblad:  http://www.evolverone.com/























Die volgende twee fotos som die "Game Drive" ervaring perfek op.  Die veldwagter het afgeklim van die voertuig af om te kyk of als in orde is met die twee witrenosters wat langs die pad gestaan het.  Die praktyk is deel van die wildsplaas se renoster beskermingsprojek.  Toe hy egter wou terugklim op die voertuig het die orkeslede die bestuurder oortuig om te maak of hy vir hom wegry.  Die gelag was so hard dat ons toe geen verdere wild gesien het vir die laaste deel van die rit nie.  Estiaan het hierdie aksiefotos geneem:

  

Die seuns het vir hom geskree dat die renoster hom jaag!   lol   
En die res van die fotos:








Die nuutste "hi-tech" mikrofone wat spesiaal vir die klarinet aangekoop is.  'n Klarinet is die moeilikste instrument om met 'n mikrofoon te versterk.  





20:45

Die laaste sessie begin nou einde se kant toe staan.  Die seksies het tot nou toe nog apart geoefen en gaan nou alles saamspeel en as alles goed klink kan hulle kamp toe gaan om te gaan slaap.  

"Ons word nou  'baie' moeg oom!"   




No comments:

Post a Comment