Thursday 12 July 2012

Donderdag 12 Julie 2012: Dag 5

"Never a dull Moment!"


Elke dag het sy eie dinge.  Vandag het weereens met 'n "Bang" weggespring toe die juniors vir die seniors weggery het en die seniors toe maar moes stap na die hoofkamp - met hulle instrumente!

Danie het saamgesweer met die veldwagters en gereel dat die seniors 'n "vergadering" moes bywoon net voor die busse vertrek.  Toe hulle buite sig is het die juniors in die bussies gespring en ons het weggery voor die seniors besef het wat gebeur.  Die veldwagters het toe skielik vanuit nêrens verskyn en aangebied om saam met hulle te stap na die hoofkamp.

Daar is natuurlik vir die seniors vertel hoe gevaarlik dit is en dat hulle vinnig moet stap en nie lawaai nie.  Maar moenie bekommerd wees nie - daar was 'n streng wakende oog van die veldwagters wat die hele prosessie gevolg het en seker gemaak het alles is veilig.

'n Spesiale dankie aan die veldwagters wat soveel moeite doen om die kamp lekker te maak vir die orkes!  

Program vir die dag:

Seksieoefeninge tot teetyd en dan 'n demonstrasie oor slange deur die veldwagters.

Vanmiddag is daar 'n "Game Drive" vir diegene wat nie gister kon gaan nie en dan is dit weer oefen, oefen oefen . . . . .

Spot a senior and win a Nissan! muwhahaha! (evil laugh) 


En dan loop ons maar .... Phiri Kamp (slaap kamp)






@#$$$$@@@!!!!!!!

#$@@@%^$$$ Juniors!

"Geduldig ... gedienstig .... gedwee ......












Die Juniors waai vir die seniors by hul aankoms by die Hoofkamp
































































No comments:

Post a Comment