Friday 6 July 2012

Orkeskamp 2012: Merke, . . . Gereeeed, .....


So word die ure afgetel . . . 
Oor minder as 48 uur vertrek die Klofie Orkes op die 2012 Orkeskamp by "Kwalata Game Ranch". Die kamp was nog altyd 'n hoogtepunt op die Orkes se kalender en dit beloof om hierdie jaar weer die geval te wees.  

As als volgens plan verloop sal die blog elke dag opgedateer word met die jongste nuus en fotos. 

Meeste orkeslede is tans besig met hul finale voorbereidings en beplanning maar ons is bewus van sommiges wat effens ontspoor het tydens hul inkopie uitstappies en in die flieks en restaurante opgeëindig het!  Maar Sondag middag om twaalf sal alles soos gewoonlik in plek val en die uittog begin.   

Nog net twee slapies ......

WATCH THIS SPACE!

Dankie Jacques Botha vir hierdie foto van Maestro toe hy besef daar is nog slegs URE oor voor die kamp!



2 comments:

  1. Amptelike oefenure op die kamp...
    05:30 Instrument en kamerinspeksie
    07:00 - 23:00 Oefen, oefen en oefen...

    ReplyDelete
  2. O ja, net vir 6 dae...

    En dan wonder die sekere skole en afrigters hoekom wen ons al vir 8 jaar in 'n ry die SA's!! :)

    ReplyDelete