Tuesday 10 July 2012

Dinsdag 10 Julie 2012: Dag 3

8: 30
Na afloop van gister se baie harde oefening, gekombineer met die nagevolge van die min slaap op die eerste aand, het vandag besonder vreedsaam en rustig begin.

Richard is weer terug nadat hy 'n tand gebreek het en tandards toe moes gaan maar  behalwe dit is daar geen pyne en skete sover nie.

Hier volg 'n paar fotos wat gisteraand tydens die aandoefening geneem is asook die kuier om die vuur en vanoggend se inspeksie.  Die inspeksie het vanoggend sommer baie beter afgeloop as gister se fiasko ;)

Ontbyt is nou klaar en die eerste sessie van die dag begin direk na oggendgodsdiens.  Queen word vandag afgerond en da kom "Pirates" an die beurt.

Die juniors moes volgens temas aantrek en die bes geklede juniors tot dusver was: Nicolaas, Richard en Alicia.

Die laataandoefening:









Gisteraand se kuier om die vuur:
















Vanoggend se kamerinspeksie:











Stof - stof - stof - ek soek stof - stof - stof muwhahahaha (evil laugh)

hier MOET darem IEWERS stof - stof - stof wees !! 

Nerens anders stof- stof - stof nie ! Dalk in die deur se slot! Daar SAL stof - stof - stof wees!!! MUWHAHAHAHAH (Very evil laugh)

Ek SAL stof - stof - stof KRY!  Al moet ek op die dak klim!!!  (Kan iemand my dalk kom help om van die dak af te kom? )  (Benoude boude squeek)

MUWHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA (Selfvoldane Evil Laugh)


Die orkes het vir hom 'n mussie opesit vir die koue
15:00  Die Middagsessie

Die orkes het weer in seksies verdeel en gaan tot aandete aan "Pirates" werk.  Gister middag se oefening het so goed gewerk dat Queen nou afgerond kan word.  Die kinders werk baie hard en hul gesindheid is baie positief.

Hier volg fotos wat tydens die oggendsessie geneem is:































19:00  Etenstyd verby






















22:00

Die Seksieoefeninge het weereens so goed verloop dat die geskeduleerde  aandoefening baie kort was. Teen 20:00 was almal terug by Phiri kamp (slaapkamp) en soos nou die gebruik is, het almal om die Kalahari TV (aldus Deeds) vergader en aandgodsdiens is gehou.  

Hierdie aandgodsdiens byeenkomste is besig om die hoogtepunt van elke dag te raak. Na die harde werk en min tyd vir stilsit deur die dag kom alles tot stilstand vir so 15 na 20 minute. Na afloop van die byeenkoms word instrumente skoongemaak, kamers reggepak en gereed gemaak vir slaaptyd. Om presies 22:00 speel Anette vanaand die "Last Post" en almal het tydens aandgodsdiens ooreengekom om dan (as "Last Post" speel) op hul beddens te wees, stil te wees en vir sowat 15 minute lank stiltetyd te hou.

Ek was vir die soveelste keer sedert ons by die Orkes betrokke is weereens baie trots om deel van 'n Klofie Orkes aktiwiteit te wees. Ek moes 'n saamrygeleentheid kry saam met een van die veldwagters om iets te gaan haal by die Phiri-kamp. Die man het uit sy eie begin vertel wat se wonderlike groep kinders hierdie is. Hy het voorbeelde genoem soos hoe goed gemanierd die kinders is, hoe vriendelik hulle altyd is teenoor al die personeel op die terrein, hoe talentvol hulle is, hoe hard hulle werk en dat van al die groepe wat hy al hier ontmoet het, het hy nog nooit so gedissiplineerde groep gesien het nie.

Wel gedaan Klofie Orkes!!!!!

Einde van Dag 3.


Vir diegene wat nie weet wat 'n Kalahari TV is nie (ek het nie voor die kamp nie), hier is 'n mooi foto van een:


No comments:

Post a Comment