Wednesday 20 June 2012

'n Wilde Week Wag!!! Wees Wakker en Waaksaam !

Geagte ouers.
Hierdie is nogal ‘n wilde week wat vir ons voorlê!! ;)

Graag gaan ek deur die program:

1. Vrydag, 22 Junie – Optrede by Laerskool Constantiapark.
1.1 Bus vertrek 06:15
1.2 Ons tree op met volle skooldrag
1.3 Optredes is 07:30 en 08:15.
1.4 Daarna kom ons dadelik terug skooltoe.

2. Saterdag, 23 Junie

2.1       Al die reëlings is soos uiteengesit in die Groton-program wat ek gister vir orkes gegee het. (Program ook op ons blog beskikbaar by klofieorkes.blogspot.com)
2.2       Die aand is enige iemand baie welkom by ons braai / potjie.  Bring asseblief u vriende ens. almal saam!! U kan braai of potjie maak.
2.3       Kan ek u baie vriendelik versoek om u eie gasbottels / vure te verskaf vir die potjie / braai.  Al die tye is op die program.
2.4       Indien u nog nie plek bespreek het vir die uiteet by Stone Cradle Donderdagaand, 28 junie nie, kan u my nog gou laat weet.

Laastens wil ek u versoek om my te laat weet watse vleis verkies u by ons orkeskamp se braai. Die keuse is:

1. Hoender en wors of
2. Steak en wors.

Die “default” vleispakkie is steak en wors.  Indien u my niks laat weet nie, aanvaar ek dat u dit neem MAAR indien u die hoender verkies, moet u my asseblief laat weet!!  (Bief or Tjieken)

En hier is 'n boodskap van Rian.  Nee. Cruywagen.  Of Cruy Cruy.  Onthou om speaker volume hoog te stel:
http://www.youtube.com/watch?feature=player_embedded&v=kaovOMRWsno
__________________________________________________________________
En op 'n SA's Noot:

Ouers, ek het hierdie epos ontvang.  Indien u belangstel, kontak asb so gou moontlik vir Anton!!

Dankie Anton!

Danie,
Ek het met 'n gastehuis in Mtunzini gepraat en hulle hele huis is nog beskikbaar vir daardie tydperk van die SA's 27 - 30 September 2012.
Die detail is http://www.explorersbedandbreakfast.com/
Indien mens kamers bespreek kos dit R 240 pp/nag, maar as ons die HELE huis neem kos dit ons slegs R 1 000 per nag wat 'n besparing van ± R440 per dag is.  Die huis het 3 slaap kamers wat 6 mense privaat slaap en die sitkamer het 2 slaap banke waar 4 kinders kan slaap.
Oja, dit is self catering, maar as ons bed EN ontbyt neem gaan die R50.00 per persoon ekstra wees en dan gee hulle ons 'n koopbewys by 'n plek naby.  Ek sal voorstel dat die mense wat daar by saamspan en sommer kos gaan koop vir die tyd.
Mtunzini - Empangeni is 33 km ± 35 minute se ry volgens Google Maps:
1. 33,0 km, 34 mins R102
2. 34,7 km, 34 mins N2
Moet ek bespreek?


[Dis nou hier waar ouers soos ek 'n besluit moet moet neem - wink, wink - nudge, nudge - say no more hiehie hiehie     - Ed]

Groete!!

Danie

En hier volg die nuutste opgedateerde Program (21 Junie 2012) van die Groton Chamber Orchestra Toer:











D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment