Friday 8 June 2012

JEUGKUNSTEFEES 2012


Geagte ouers.

JEUGKUNSTEFEES 2012

Ons orkes is gekies uit meer as 700 items as een van die beste 5 items vir 2012.  Wat ‘n voorreg!!

U het reeds die kaartjies by my bespreek, maar die organiseerders het my die geleentheid gegee om tot Maandag die getal aan te pas!  Dit het nog NOOIT gebeur nie!! EN dat hulle alles in hul vermoë gaan doen om vir my al die kaartjies te gee.

Indien u u getal wil verander, moet u my dringend laat weet.  Die van u wat nog nie bespreek het nie, het nou die heel laaste geleentheid.  Maandag bespreek ek.

Die kaartjies is R65 per kaartjie. Orkeslede koop nie kaartjies nie.

Die finansiële staat is opgedateer en die kaartjies se bedrag verskuldig is daarop aangedui.  Die gelde moet Einde Julie inbetaal word en ons kry ons kaartjies eers sodra die geld inbetaal is.  U moet egter kennis neem dat hulle hou geen kaartjies uit nie!!! Die aanvraag is te groot!!!! Indien ander skole voor ons inbetaal, kry hulle eerste kaartjies.  Hulle het wel goedgekeur dat ons 140 kaartjies kan vra, maar u moet verstaan, dat indien ons nie einde Julie betaal nie, verloor ons dit.

Kaartjies wat u by u naam is kan nie gekanselleer word nie, u bly dus vir die bedrag verantwoordelik of indien u nie meer die kaartjies neem nadat dit bespreek is nie, bly dit u eie verantwoordelikheid om dit aan iemand anders te verkoop.

NEEM KENNIS!!!

Wat u ook verder van kennis moet neem is dat die hele bedrag moet op een slag inbetaal word – ek kan nie bietjie vir bietjie inbetaal nie.  Ouers wat hulle verlede jaar nie aan die afsnydatum gesteur het nie, het veroorsaak dat ons al ons kaartjies verloor het en moes toe al die aakligste plekke vat en almal kon toe nie eens kaartjies kry nie.

Ouers, ek noem hierdie harde feit aan u sodat u regtig moet kennis neem dat agterlosigheid benadeel ouers wat bly by die reëlings.

Die eerste stap is nou dat ek Maandag ons getal met hulle bevestig.  Ons lê nou op 121, maar kan dit Maandag nog aanpas.

Indien ek niks van u hoor nie,  hou ek die lys soos wat hy nou is. 

Ek en die Gr 10's sal die naweek bespreek hoe ons gaan maak om hulle betyds terug te kry by die Gr 10-bal, al beteken dit dat hulle optree met hul bal klere, dan doen ons dit.

Groete.

Danie

D..J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment