Thursday 7 June 2012

Kontrole Epos: 7 Junie 2012


Geagte ouers.

1. JEUGKUNSTEFEES GALA-AAND

Baie dankie vir almal wat op my sms gereageer het t.o.v. die Jeugkustefees op 8 September. Ek het geantwoord en aanvaar. Ons speel dus op 8 September tydens die Gala-aand en ons sal die eerste item wees sodat ons matrieks en Gr 10’s dadelik kan vertrek.

Ek sal met die 2 Graad 10’s wat aangedui het dat hul Gr 10-bal het praat en kyk hoe ons dit gaan hanteer om albei te kan inpas. Ek het ‘n plan!

2. KONTROLE: FINANSIES

[Dokumentasie te doen met finansies en persoonlike inligting word nie op die blog geplaas nie. Verwys asb na die oorspronklike epos of kontak Maestro direk vir meer inligting-Ed]

2.1 Ek heg die kontrolelys vir u aan. Maak asseblief seker dat die getalle vir die braai reg is. Ek doen die finale bespreking vir die braai Vrydagoggend.

2.2 Die ouers wat nog uitstaande kampgeld het moet my asseblief kontak.

2.3 Daar is nog baie uitstaande etegelde. Ouers moet my asseblief kontak.

3. NAWEEKOEFENING

3.1 Daar is nog baie kinders wat nie weet watter groepe oefen die naweek wanneer nie. U moet dit asseblief vir hulle deurgee volgens epos 18. Die naamlyste van die Ligtemusiek-Orkes en Ligtemusiek-Ensemble is in die kampprogram.

3.2 Daar is geen etegelde die naweek nie. Die Ligtemusiek-Orkes moet Saterdagoggend stewige ontbyt tuis eet. Ons gaan wel die oggend 8:30 begin met koffie en beskuit en so teen 11:30 vir die Ligtemusiek-ensemble koffie en muffins gee.

4. VERWYSINGS

Al die inbetalings wat gedoen moet word, moet asseblief met die regte verwysings gedoen word. Ek noem dit net weer (skryf die kind se naam en van tot die karakters klaar is):

BETALING
VERWYSING
SA’s
ORKES-SA-Kind se naam en van
JEUGKUNSTEFEES VAN 8 September
ORKES-STEATER-Kind se naam en van
GALA-AAND van 13 Oktober
ORKES-GALA-Kind se naam en van

Die skool se bankbesonderhede:

Rekeningnaam
Hoërskool Waterkloof
Bank
ABSA
Rekeningnommer
3490144454
Takkode
336445

Groete!

Danie



D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755



No comments:

Post a Comment