Friday 22 June 2012

Naweek Program en Nuus oor die Jeug Kunstefees


Geagte ouers.


Graag deel ek die volgende met u i.v.m. GROTON CHAMBER ORCHESTRA:


1. SATERDAG 23 JUNIE – ONTVANGS VAN GROTON EN POTJIE
1.1 Al die tye is soos uiteengesit op die Groton toerprogram.
1.2 Die orkeslede moet denim, blou LO-hempie en skool drimac dra (met warm klere onderaan!).
1.3 Ons gee vir ons orkeslede Saterdag koffie, tee en middagete en versoek R30 etegeld asb.
1.4 Ek wil ook asb vir al ons Pa’s vra om Saterdag u eie braaigeriewe / vuur / gasbraaiers self te voorsien vir die potjies / braai.


2. OPTREDE SONDAG IN DIE BOTANIESE TUINE
2.1 Tye is soos uiteengesit op die program.  Ons orkes vertrek per bus saam met Groton en kom weer na afloop van die gesamentlike ete met die bus terug skool toe.
2.2 Onthou om u eie stoele, komberse ensovoorts saam te neem Botaniese Tuine toe.
2.3 Ons tree met konsertklere op.  Seuns trek by huis hul swartbroek en withemp aan (MOET NIE MOUE OPROL) met die SA-baadjie (nuwe lede – skoolbaadjie) en die meisies trek denims aan met netjiese bloesie en SA-baadjie bo-oor.
2.4 Al die reëlings soos uiteengesit op die Groton toerprogram is van krag en bly net so.  Ons werk dus volgens daardie tye.


3. VERKOPE BY BOTANIESE TUINE
3.1 Me Judy-Marie Steenkamp is hard besig om ‘n klomp goed in plek te kry sodat ons ietsie te ete en drinke kan verkoop by die optrede.  Alle winste gaan 100% na die orkes toe.
3.2 Sy vra baie dringend u hulp, sal u asseblief hierna kyk en hulp aanbied, HELP ASB!!


3.2.1 Sy benodig gasbottels en koppe om pannekoek op te bak.
3.2.2 Ons soek mammas wat kan help pannekoek bak, rol en verkoop.
3.2.3 Panini’s met rumpsteak-repies:
a. Pa’s wat kan help om die steak te braai
b. Mamma’s wat kan help om die panini’s te bou en te verkoop
3.2.4 Hulp met die verkoop van vetkoek en maalvleis
3.2.5 Kan iemand help met ys asb??
3.2.6 Dan is ons op soek na +- 6 staaltafels.  Kan enige iemand help asb?


Ouers, ek weet dis baie kort kennisgewing, maar ons kon eers laat gister uitsluitsel kry of ons kan voortgaan of nie.


Kontak asseblief baie dringend vir Judy-Marie indien u met enige van bogenoemde kan help by 083 556 3475.  Ouers, u hulp word regtig dringend gevra.  Baie dankie by voorbaat!


4. PROGRAM VIR GROTON

Hul program is soos wat ek dit reeds aan u versprei het!


JEUGKUNSTEFEES


Dit spyt my om u mee te deel dat ons optrede by die Jeugkunstefees gekanselleer is en verskuif nou na Vrydagaand, 7 September.
Dit bring ook nou mee dat u nou die gevaar loop om nie die aantal kaartjies tye kry wat u wil hê nie.  Dit werk op “first come, first serve”-basis.


Ek heg u besprekings aan.  Kontroleer vir korrektheid en dan beskou ek dit eerskomende maandag as u finale bespreking waarvoor u dan verantwoordelik sal wees.


Al die skole se kaartjiegelde moet einde Julie alles inbetaal wees, maar ek wil versoek dat indien ons dit einde Junie kan doen. Sodoende is ons verseker vir die beste plekke en ook dat ons die aantal sal kry waarvoor ons vra, veral omdat dit werk op eerste betaal, kry eerste.


LAAT WEET MY INDIEN DIT NIE MOONTLIK SAL WEES VIR EINDE JUNIE NIE!!  
Ek moet ons skool se kaartjies op een slag bespreek en betaal – ek kan dit nie bietjie vir bietjie doen nie.


♫-groete.
Danie
D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment