Thursday 14 June 2012

Danie Epos Nr 19: 14 Junie 2012

Geagte ouers.


Ek hoop dat die kinnertjies hard leer !! ;)


Vriendelik wil ek die hele orkes en al die ouers versoek om my asseblief tye laat weet indien u Donderdagaand, 28 Junie saam gaan uiteet wanneer die orkes afskeid neem van die Groton-orkes.  Indien u nie kan saamgaan nie en u kind wil saamgaan, moet hulle Vrydag by die oefening vir my sê.  Daar sal vervoer wees vir enige iemand wat belangstel.


Elke persoon dra sy/haar eie koste. Die pakket is R150 per volwassene en R110 per orkeslid.


RSVP asseblief dringend.


1. NAWEEKOEFENING


Graag deel ek die volgende met u  i.v.m. die naweek se oefeninge:


1. Dit is die laaste oefening voor ons die Amerikaners ontvang en ook voor ons na die kamp vertrek. Daar gaan dus heelwat admin sakies bespreek word.


1.1 VRYDAG:  14:00 – 18:00
1.2 14:00  Opening en bespreek en finaliseer die Groton-orkes se program.  Elke orkeslid ontvang die finale Groton-toerprogram wat hulle vir u moet gee.
1.3 14:30  Finale kampreëlings.
1.4 15:00  Bespreek Dinsdag se kompetisie.
1.5 15:10  Oefening begin (VSA Volkslies, SA Volkslied, oefen Toccata, Phantom en Pirates.
1.6 18:00  Afsluiting en dan pak ons die saal reg.


2. ORKESKOMPETISIE


Omdat ons nie aan die Eisteddfods deelgeneem het nie, word ons verplig om aan nog enige ander kompetisie anders as die SA’s deel te neem om te kan kwalifiseer indien ons sou Erekleure kry. Daarom neem ons op uitnodiging eerskomende Dinsdagmiddag deel aan die Southdowns College Jumboree, ‘n baie goeie klassieke kompetisie.  Ons gaan Vrydag daarvoor voorberei.


2.1 Ek en die klankspan vertrek 12:00 met die skoolbussie en Geraaswa om verhoog reg te maak en klank op te stel.
2.2 Bus vertrek stiptelik om13:00.  Pak die bus 12:45.
2.3 Ons tree op met volledige winter skooldrag. ELKE orkeslid moet ‘n baadjie en “pull over”aantrek.  Skoene moet asb skoon en gepoleer wees.
2.4 Ons speel 14:30 – 14:55 en indien ons ‘n prys sou wen of uitgenooi word, tree ons op by die Gala-aand, Donderdagaand 21 Junie, by Southdowns College.


3. GROTON, VSA-TOER


3.1 Die toerouers is:  Bauermeister, Kùsel, Cilliers, Cronjé, Geyser, Kruger, Nieuwoudt, Smit, Steenkamp, Struwig, en van der Westhuizen.  Ons moet asseblief saam gesels sodat ons almal presies weet wie doen wat en dat daar eenstemmigheid oor alles is.  Toerouers moet kennis neem, die Amerikaners het ons naamlys vir die indelings verander.  Ek heg vir u aan.
3.2 Vriendelik wil ek die toerouers almal versoek dat ons ‘n kort vergadering sal hou op Maandagaand, 18 Junie om 19:00 in my klas.  Laat weet my asseblief indien u nie teenwoordig kan wees nie.
3.3 Die res van die orkes moet kennis neem van die programtye en optrede by die Botaniese Tuine se reëlings.


Vriendelike groete!!


Danie



D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
KONSERTORKES: DIRIGENT
Selfoonnommer:  082 853 8698
Telefoonnommer (skool):  012 – 347 0277 X 130
Faksnommer:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment