Wednesday 22 February 2012

Danie Epos Nr 7: 22 Februarie 2012

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit nog baie goed gaan met julle almal!

Baie baie geluk aan ons orkeslede wat gisteraand almal pryse ontvang het – ek is baie baie trots op elkeen van hulle se prestasies!  Dit wys nou maar net weer – die orkeslede presteer op alle gebiede.  Baie geluk aan elkeen van hulle.

     1.     SA-KLEURE

1.1               Ek heg vir u die opsomming van al ons optreeklere aan soos wat dit ook voor in die Jaarprogram verskyn. 
1.2               Daar is ‘n paar punte wat ek net weer wil baie duidelik maak na aanleiding van gister se horde telefoonoproepe, sms’s en bbm’s van wat die kinders moet aantrek:
1.2.1          Wanneer ons SA-Kleure aantrek, beteken dit NIE dat die groen baadjie saam skoolklere gedra word nie. Dit was nog nooit gedoen of toegelaat nie nie en sal ook nooit so gedoen word nie. Die SA-Kleure bestaan uit slegs die klere soos op die aanhangsel uiteengesit is.
1.2.2          Ons dra nooit die konserthemp (met die opslaankraag) saam met ons SA-Kleure nie. Dit is ‘n gewone wit skoolhemp.
1.2.3          Die meisies mag nooit hul hare los laat hang met enige optrede nie en ook nie saam met hulle SA-Kleure nie.    Hare moet te alle tye volgens skoolreëls wees vir seuns en meisies.
1.2.4          SEUNS MOET GESKEER WEES tydens alle optredes of wanneer hulle skooldrag, SA-Kleure of optreeklere aan het.
1.2.5          Grimering word slegs gedra by konsertklere en met die SA-Kleure mag hulle slegs eye liner en mascara dra. Geen lipstiffie, eyeshadow en juwele nie (sjoe, ek klink nou omtrent soos die Glam Guru met al hierdie snaakse woorde!!).  Sykouse en konsertskoene word by SA-Kleure gedra.
1.3               Wanneer die orkes SA-Kleure dra, dra die lede wat NIE SA-Kleure het nie volledige skooldrag.  Hulle dra dan nie wit en swart nie.  Seuns moet altyd ‘n langbroek aantrek.  Die enigste uitsondering word gemaak met Mnr & Mej Waterkloof waar die hele orkes swart en wit aantrek - senior orkeslede dra SA-Kleure sonder baadjies en dasse en orkeslede wat nie SA-Kleure het nie dra swart broeke/rompe en wit hemde/bloesie.  Die wit bloes mag GLAD NIE deurskyn nie en die romp moet tot by die knie kom.
1.4               SKOOLDRAG:  Soms tree die seniors ook met skooldrag op.  Geen seun sal ooit met ‘n kortbroek optree nie.  Ons trek altyd langbroeke en baadjies aan.  Meisies trek ook baadjies aan.

Ek hoop dat enige onduidelikheid nou uit die weg geruim is.  Volg net die instruksies op die “Attachment” en dan sal daar geen onduidelikheid wees nie. 

     2.     OPTREDE:  DONDERDAGAAND, 23 FEBRUARIE

Die inligting vir die optrede van Donderdagaand is soos volg:
       
2.1               Daar sal nie Donderdagmiddag oefening wees nie.
2.2               Orkeslede trek hul volledige SA-Kleure tuis aan. Nuwe lede trek volledige skooldrag aan (almal gaan saam). 
2.3               Die orkeslede pak die bus 16:45.  Die bus vertrek 17:00 stiptelik.
2.4               Ons tree op by die Hervormde Kerk, Elarduspark.
2.5               17:30 – 18:45      Klanktoets en opstel
2.6               19:00 – 20:00      Optrede.  Ons is die alleen-kunstenaars vir die aand.
2.7               Na afloop van die optrede pak ons op en vertrek terug skooltoe.  U kind moet u asseblief sms/bbm sodra ons by die kerk ry. By die skool moet almal asseblief eers help om alles in die orkeskamertjies weg te pak.

Ek wil asseblief ‘n dringende versoek tot u elkeen rig.  Ons het in die laaste tyd ongelooflik baie toerusting wat gelaai moet word vir optredes. Ons kan dit nie meer in die hande laat van die een of twee seuns wat daarvoor verantwoordelik is nie.  Elke seun moet na afloop van elke optrede asseblief help om die klankstelsel, timpani’s en perkussieinstrumente te bere.  Dit is doodeenvoudig net te veel en te swaar vir een kind om te hanteer.  Die kinders moet asseblief in ‘n span saamwerk om alles gedoen te kry.  Dieselfde geld ook vir wanneer ons die busse en sleepwaens pak voor ‘n optrede.  Dit is hartseer dat die seuns nie wil help nie, daarom rig ek nou hierdie dringende versoek tot u as ouers om my te help dat elke seun ons help.

        3.     V.S.A. ORKES

Baie dankie vir u reaksie op my epos rakende die besoek van die VSA orkes.  Ek kort nog 26 ouers se antwoorde.  Ek wil u asseblief versoek om op epos 5 te antwoord.

Ons kan tot op hede 16 VSA-orkeslede akkomodeer.  Ek het nog hulp nodig vir so +-16.  Ek sal dit baie waardeer indien u my kan help of weet van viende en familie wat sal kan help met verblyf vir hierdie mense.

Mag die res van die week vir julle vreugdevol en vol voorspoed wees!

Groete.

Danie


D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment