Tuesday 7 February 2012

Optrede: Lyttleton Huis vir Bejaardes 7 Feb 2012

Soos 'n warrelwind tussen toetsperiode, noodplan oefen by skool en optrede het die orkes die bejaardes in Lyttleton verras met hul musiek.    Die bus moes eers sewe maal om die aftreeoord ry voordat hul kon ingaan maar gelukkig het die mure van die oord darem staande gebly!  

Dit was lekker om baie nuwe gesigte te sien in die orkes - sommige se oë
 was maar lekker groot toe hul sien hoe baie mense daar was.  ;)

Die video is ongeveer 50 MB groot (wat min is vir 'n video maar dan kan dit ook op sommige selfone gespeel word).  
Kommentaar en voorstelle vir die toekoms i.v.m. die plaas van videos op die blog is welkom.  Stuur epos aan   Danie of laat kommentaar sommer op blog.

Jammer vir die spelfout aan die begin van die video en ook die template aanwysing aan die einde van die video.  Dit kan reggemaak word maar dit neem nie naastenby so lank om verskoning te vra nie!  

DAAR WAS PROBLEME MET DIE AFLAAI VAN DIE VIDEO VANDAG MAAR DIT BEHOORT NOU REG TE WEES.  DANKIE RICO DAT JY LAAT WEET HET - EK HET ADMIN REGTE OP BLOG DAAROM KAN EK NIE SELF SULKE PROBLEME OPTEL NIE.  LAAT WEET GERUS WEER AS DAAR NOG SULKE HAAKPLEKKE IS!


4 comments:

  1. Kan nie video speel.

    "this video is private"

    ReplyDelete
  2. sorry ek het verkeerde setting op YouTUbe geskies moet hele video oordoen,WATCH THIS SPACE!

    ReplyDelete
  3. Video setting herstel. Hoop dit kan sonder probleme afgelaai word. Geniet!

    ReplyDelete
  4. Baie goeie idee - dankie vir die moeite. Mens kan nie altyd alles bywoon nie en dis lekker om die kinders se optredes te volg hier op video.

    ReplyDelete