Monday 6 February 2012

Danie Epos nr 4: Februarie 2012

Geagte ouers.

Ek hoop dat dit nog sommer baie goed gaan met julle almal!  Hierdie jaar is alreeds besig om met ons weg te hardloop!

Maxwell het geskryf:

“Maak jou droom ‘n werklikheid, gee jou verbeelding vrye teuels.  Wees waaghalsig. Wees roekeloos... DROOM GROOT!!”.

Toe ek dit lees, kon ek nie anders as om dit dadelik aan die orkes te verbind nie.  As ons nie by die orkes groot droom nie, sal ons nooit bereik wat ons bereik nie!  Dit is ook net uit genade wat ons is wat ons is! 

Baie dankie vir al die ondersteuning hierdie jaar, ons sal nie daarsonder kan oorleef nie!!!

1.     OUERAAND

1.1               Ek dink nie ons kan ons oueraand meer langer uitstel nie.  Die nuwe ouers en leerders wat nou nog gaan bykom sal maar op ‘n later geleentheid ingelig word.  Soos ek verlede week in die epos versoek het, sal ons Maandagaand om 19:00 in my klas vergader (en nie in die ouditorium nie).
1.2               Sake wat ek baie graag met u sal wil bespreek is o.a.

1.2.1          Jaarprogram:  Optredes, oefeninge en naweekoefeninge
1.2.2          Finansies 2012
1.2.3          Etes tydens naweekoefeninge
1.2.4          Toer / orkeskamp
1.2.5          SA’s 2012:  Empangeni
1.2.6          Formele konsert 2012
1.2.7          Besoek van orkes uit die VSA

Ek het u insette ongelooflik baie nodig en sal dit waardeer indien u teenwoordig kan wees, veral met my voorstel dat ons ‘n orkeskamp met ons toer kombineer  (soos wat ek reeds met die orkeslede bespreek het).

2.     PRESENSIELYS EN ETEGELDE

2.1               Presensie is uiters noodsaaklik by die orkes, veral as dit kom by die toeken van erekleure en nasionale kleure.  Michelle Hartzenberg is die leier wat hierdie jaar daarvoor verantwoordelik is.  Haar presensielys is hierby aangeheg.
2.2               Etegelde:  Ons finansies word deur Jacques Botha hanteer en hy ontvang die etegelde by Michelle.  Sy lys is ook hierby aangeheg.  Maak asseblief seker u kind se inbetalings is korrek en kontak my indien daar ‘n probleem is.  Ek wil dit ook net weer beklemtoon dat indien ‘n orkeslid NIE ‘n ete / etes bywoon nie, dit die orkeslid of ouer se verantwoordelikheid is om die ete / etes by Me. Lynnette Botha (082 771 6078) te stop OF om haar te laat weet dat kos uitgehou moet word vir u kind.  Anders bly u vir die etegeld verantwoordelik.  U moet Lynnette op die laatste teen Donderdagoggend laat weet VOOR hulle die aankope begin doen.  Ons sal meer hieroor praat tydens die oueraand.

Verwys asb. na dieoorspronklike epos van Danie: Finansies en lyste met inligting van persoonlike aard word nie op die blog geplaas nie - Ed


3.     WEEKPROGRAM EN OPTREDE

3.1               Ons tree Dinsdagoggend om 10:00 by die Lyttleton Dienssentrum vir Bejaardes op.  Optredes gedurende skooltyd word uiters beperk en nie sommer oorweeg nie.
3.2               Die bus vertrek direk na die toetssessie.  Ons tree met skooldrag op en sal so gou moontlik na afloop van die optrede terug gaan skooltoe (...en ons gaan nie die tradisionele McDonalds - stop gedurende skooltyd doen nie!! L  Dis maar net om te verseker die orkeslede verloor nie onnodige akademiese tyd nie).
3.3               Ons oefen Dinsdag normaal (14:30 – 17:30).
3.4               Ek doen Donderdag die uitspele van soliste en plekke.  Slegs die volgende seksies moet Donderdag teenwoordig wees:
3.4.1          Altsaksofone
3.4.2          Trompetters
3.4.3          Dwarsfluite
3.4.4          Viole

Mag u ‘n wonderlike Christus-week hê propvol opwinding en voorspoed!!  Sien u Maandagaand.

♫-groete!

Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!

No comments:

Post a Comment