Monday 30 January 2012

Danie Epos nr 3: 30 Januarie 2012

Geagte ouers.

     1.     NAWEEKOEFENING

1.1               Baie dankie vir al die orkeslede se samewerking en teenwoordigheid die afgelope naweekoefening.  Ek wil dit egter net weer beklemtoon dat ons naweekoefeninge uiters belangrik is om by te woon – dit is die geheim van ons sukses.
1.2               Eerskomende naweek is dit Februarie se naweekoefening en daarna een keer per maand.  Ons gaan hierdie naweek ‘n vollengte naweekoefening hê soos wat dit op ons program aangedui is.  Die etegeld vir die hele naweek is R60 per orkeslid.  Die doelwit vir die naweek is om ons soliste uit te sorteer en ook om Queen se musiekstuk klaar te maak.

     2.     FEBRUARIE BEPLANNING

2.1               Ek heg vir u die beplanning vir Februarie aan.
2.2               Vriendelik versoek ek dat ons ons orkesoueraand op Maandagaand, 6 Februarie 2012 om 19:00 in die Ouditorium sal hou.  Ons behoort hierdie week klaar te maak met ons werwing. Sake wat ons tydens die oueraand moet bespreek is o.a.
2.2.1          Oefeninge en hulp benodig vir die jaar (etes, konsert)
2.2.2          Kaapse toer
2.2.3          SA’s te Empangeni
2.2.4          Formele konsert

     3.     OPTREDES

Optredes wat reeds bevestig is, is reeds op die Jaarprogram aangedui.  Optredes gedurende skoolure word tot die minimum beperk.  Dit wat op die program is, is die enigste optredes binne skoolure.

Optredes moet asseblief deur elke orkeslid bygewoon word.  Dit sluit leerders buite Waterkloof ook in asseblief.

     4.     VERSKONINGS

Ouers, ek wil ‘n dringende beroep op u en u kind doen rakende verskonings.  Moet asseblief nie wag met verskonings tot direk voor ‘n optrede of ‘n oefening nie.  As ek betyds weet van verskonings, kan ek iets daaraan doen soos byvoorbeeld om ‘n oefening te herskeduleer.  Vir optredes kan ek NIKS daaraan doen nie.  Daarom vra ek dat u my hierin moet ondersteun.  Daar is soms tot 13 afwesighede op ‘n slag en dan neem u my kwalik as ek ongelukkig is.  ELKE kind is belangrik by ELKE oefening en optrede.  Kom ons vat hande en sorg dat elke kind by elke optrede en oefening is.  U hulp in hierdie verband sal regtig waardeer word.

Ons sal hierdie aangeleentheid  weer aanraak tydens die oueraand.

Vriendelike groete!
Danie

D.J.F. Smith
DIRIGENT: HOëRSKOOL WATERKLOOF KONSERTORKES
DIREKTEUR KULTUUR
TELEFOONNOMMER:   012-347 0277 X 130
SELNOMMER: 082 853 8698
FAKS:  086 512 8755

con spirito, 2012 Jesus-jaar!!


No comments:

Post a Comment