Thursday 5 June 2014

Hoërskool Waterkloof Konsertorkes se Nuwe Dirigent en sy Vrou: Jaco en Ané van Staden

ONTMOET JACO VAN STADEN:

Die nuut-aangestelde dirigent 
van die
Hoërskool Waterkloof Konsertorkes




Jaco van Staden

Jaco van Staden het sy belangstelling om musiek te studeer begin kweek toe hy lid van die HTS Pretoria-Tuine Blaasorkes en ensemble was onder leiding van Mnr Danie Smith tussen 1999-2003. 

Hy het die tenoorhoring bespeel.  Hier het hy sy liefde vir musiek ontwikkel. Hy was ook onderhoofleier in die orkes en het Nasionale Kleure verwerf tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 2002. 

Jaco het sy BMus graad in 2010 aan die Universiteit van Pretoria verwerf in Uitvoerende Kuns (Franse Horing) onder leiding van Eddie Clayton. Hy is sedert 2005 aktief as solis, kamermusikant en orkesspeler en is tans lid van onder meer die Johannesburgse Philharmoniese Orkes, Johannesburgse Feesorkes en die “Johannesburg Music Initiative” en tree op ‘n vryskud basis saam met bogenoemde orkeste op. 

Hy en sy vrou speel ook tans in die Sound of Music orkes en later vanjaar in die Skouspel-orkes. 

Jaco is die eerste Franse horing speler in die Gauteng Philharmoniese Orkes sedert Januarie 2014 en is ook ‘n mede direkteur van die orkes. Jaco was ook lid van die Universiteit van Pretoria Simfonieorkes, die Miagi Jeugorkes en die Pretoria Simfonieorkes en het al op verskeie geleenthede saam met die Miagi Jeugorkes na Europa getoer in 2009 en in 2012.

Jaco is uitgenooi om saam met die Miagi orkes te toer gedurende Junie/Julie 2014 waar die orkes by die Berlin Philharmonie en die Konzertgebouw Amsterdam gaan optree. 

Jaco is tans besig om sy Meestersgraad in Uitvoerende Kuns te voltooi aan die Universiteit van Pretoria onder leiding van Peter Griffiths. As solis het hy al by verskeie geleenthede opgetree saam met die UP Simfonie Orkes asook die Gauteng Philharmoniese Orkes. Hy ontvang meestersklasse van ‘n verskeidenheid internasionale Franse Horing spelers, onder meer Abel Pereira, James Nickel, Bodhan Sebestik en Volker Altmann. 

Hy was in Junie 2013 een van dertien gekeurde kandidate landwyd  om deel te neem aan die eerste Unisa Nasionale Blaserskompetisie. Jaco het verskeie beurse en toekennings ontvang naamlik die Samro beurs vir komposisie in 2010, die SICMF (Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees) beurs in 2013 vir Franse horing om saam Abel Pereira in Portugal meestersklasse te ontvang en op te tree in die Orquestra Simfonica da Porto, asook ‘n beurs van Tukkies vir Magister in Uitvoerende Kuns in 2012. 

Jaco verwerf sy Unisa Onderwyslisensiaat in 2011 en is ‘n voltydse koperblaas onderwyser aan die Mamelodi Musiek Projek te Afrikaans Hoër Seunskool. 

Jaco studeer dirigeerkuns onder Gerben Grooten sedert November 2011 en was die mededirigent van die Universiteit van Pretoria se “Symphonic Winds” in 2012. 

Hy het in November 2013 saam met Dr. Karendra Devroop die Unisa Wind Ensemble gestig en is die dirigent en bestuurder van die ensemble.  

Jaco is die nuut-aangestelde dirigent van die Hoërskool Waterkloof Konsertorkes. 
Hy is getroud met die violis Ané van Staden.

2 comments:

  1. Welkom Jaco!! Orkes is in goeie hande. Dankie vir jou kuier en mooi opregte woorde aan die orkeslede - hul is mal oor jou en kan nie wag vir 1 Augustus nie!!

    ReplyDelete
  2. Orkes by Innibos 2014
    http://youtu.be/Giwmp5In62M

    ReplyDelete