Tuesday 3 June 2014

Naweekoefening 6 en 7 Mei 2014

Geagte Ouers.

NAWEEKOEFENING

     1.       UITPAKINSPEKSIE

Die hele orkes staan Vrydagmiddag om 14:00 uitpakinspeksie im my klas.  Ons kan nie direk saal toe gaan nie omdat daar eksamen in die saal is tot 14:30.

     2.       ETEGELD

Onthou asb u kind se R80 etegeld vir die naweek.  Etegeld word direk by Mev. Vermaak by die ete Vrydagaand inbetaal.

     3.       NAWEEKPROGRAM

Vriendelik, maar baie dringend, versoek ek u dat daar asseblief nie weer hierdie naweek so baie afwesighede moet wees nie. Dit maak ons oefeninge bitter moeilik en kinders wat afwesig is staan ‘n groot kans om nie saam met ons op te tree nie.

DAG
TYD
BESKRYWING
VERANTWOORDELIK
Vrydag, 6 Junie
14:00
Uitpakinspeksie in Mnr Danie se klas
Lumar

14:30
Oppak en verdaag saal toe.
 Maak verhoog reg en rol klankstelsel uit.
Lumar
Wian

15:00 – 17:30
Oefen volledige repertoir.
Mnr Danie Smith

17:30 – 18:00
Aandete
Mev Vermaak

18:00 – 20:00
Oefen volledige program
Mnr Danie Smith

20:00
Maak saal gereed vir Saterdag se funksie.

OUERS WAT SAAM GAAN TOER, VERGADER IN DIE OUDITORIUM.
Lumar, Leiers

Mnr Danie Smith

21:00
Sluit af.
Leier aan Diens
Saterdag, 7 Junie




08:30
Orkeslede trek blou denim en orkeshempie met drimac aan vir die ontvangs van nuwe afrigter.  Nuwe lede trek skool se LO-hempie en Drimac aan.

Opening en ontbyt.

Lede wat inspeksie gedruip het, staan weer inspeksie.


 

Leier aan Diens en
Mev Vermaak
Lumar en Alex

09:00 – 10:30
Open op verhoog.
Oefening gaan voort.
Lumar, Leier aan Diens

10:30 – 11:00
Verjaarsdagkoek.
Nuwe afrigter sluit by ons aan.
Mev Vermaak
Mnr Danie

11:00 – 13:00
Oefening gaan voort.
Mnr Danie

13:00 – 14:00
Middagete saam met die nuwe afrigter.
Leier aan Diens
Mev Vermaak

14:00 – 16:00
Finale oefening vir ouerkonsert.
Mnr Danie

16:00
Maak gereed vir konsert.
Bere instrumente in kassies in die personeelkamer.
Lumar en leiers
Alex

16:30
Orkeslede ontvang hul ouers in voorportaal en gaan sit by tafels.
Leiers

16:45
Tafelgebed en ete.


17:15
Orkeslede en ouers word voorgestel.


17:30
Orkeslede warm op in personeelkamer terwyl ouers kuier en klaar eet.


17:30
Innibos Nasionale Kunstefees Konsert
Mnr Danie

18:30
Regpak van saal, gesamentlike afsluiting (ouer en kinders).
Mnr Danie


Verdaag na afsluiting.



Die leiers, onder leiding van ons konsertmeester Cariné Kruger, het my gevra om die volgende uitnodiging na ons “New Beginnings Innibos Kunstefeeskonsert” aan u te stuur:

U word deur u kind uitgenooi na 'n kuier en konsert, Saterdag direk na afloop van die naweekoefening.

Ouers moet asseblief om 16:30 in die skoolsaal se voorportaal arriveer waar u kind u sal kom ontvang.

U en kind sal dan heerlik saam met u en u gesin en vriende eet nadat die tafelgebed
deur ons hoofleier, Lumar Schutte gedoen is.
U kinders gaan teen daardie tyd lekkerrr honger wees.

Bring u eie piekniekmandjie met iets om te eet en te drink.

Direk na die ete sal al die orkeslede en ouers aan mekaar voorgestel word.
Na afloop van hierdie seremonie sal die orkes optree met hul Innibos Kunstefeesprogram.

Ons vra dat orkeslede en ouers asseblief sal help om na afloop van die optrede weer die saal reg te maak vir Maandagoggend se eksamen wat in die saal plaasvind. ELKE kind se samewerking word vereis.

Sodra alles netjies is, kan ons verdaag.

Laat weet asseblief vir Mev. Engelette Kruger by engelette@gmail.com hoeveel mense die funksie gaan bywoon.  Indien u nien teenwoordig kan wees nie, bring dit ook asseblief onder Engelette se aandag sodat ons kan seker maak u kind het kos om te eet Saterdagaand.

Ons Hoop om u almal Saterdagaand daar te sien!!

Ouers, daar is nog net 3 kamers op vir ouers by die Innibosfees.  Kontak my dringend asb!!

Vriendelike groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment