Tuesday 10 June 2014

INNIBOS Toerprogram 10 Junie 2014

Geagte ouers.

In die heel eerste plek wil ek elke orkeslid asook u een en elkeen bedank vir ‘n ongelooflike naweekoefening.  Dit was sekerlik een van my lekkerste naweke in ‘n baie baie lang tyd.  Ek is baie bevoorreg om weer vir ‘n kort rukkie met die orkes te kan werk.

Baie dankie dat al ons kinders teenwoordig was en dat ons as ‘n groep bitter hard saam kon werk.  Ek is ongelooflik trots op die orkes en kan nie wag vir Innibos Kunstefees nie.  Ek glo dat u met die konsert kon sien dat ons harde werk werp goeie vrugte af.

Daar is soveel ouers wat die naweek gehelp het om alles vlot te laat verloop – die etes, skottelgoedwas, saal skoonmaak, saal mooi maak vir die konsert en weer almal wat na die tyd gehelp het om die saal weer mooi skoon te maak en reg te pak.  Ouers, ek is bitter dankbaar vir u positiewe gesindheid en hulp.  Baie dankie ook dat ons so verskriklik baie ouers en vriende gehad het wat na die kinders kom luister het Saterdagaand – dit het baie vir die kinders beteken.

Baie baie dankie aan elke ouer wat help, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie – dis nie wat belangrik is nie.  Wat belangrik is is dat u bereid is om te help en my taak soveel makliker te maak.

Baie baie dankie aan Lumar en sy span leiers wat so hard werk – veral agter die skerms.  Dis lekker om julle so positief en produktief te sien.  Ek waardeer elkeen van julle.

Nou ja, terug by die sake van die week:

     1.       NAWEEKOEFENING

1.1               Ons oefen weereens hierdie naweek. Die reëlings en tye is presies dieselfde as verlede naweek.
1.2               Dit is steeds baie belangrik dat elke orkeslid teenwoordig kan wees met hierdie voorbereidingsoefeninge vir Innibos.
1.3               Onthou asseblief die R80 etegelde.  Indien daar ouers is wat wil koek stuur vir Saterdagoggend, kontak asb vir Anneke Vermaak.

     2.       INNIBOS

2.1               Die finale program is aangeheg.  Gaan asseblief met ‘n vergrootglas daardeur en kontak my indien enige iets van u kind verkeerd is.  [Toerprogram ook bo-aan blog beskikbaar]
2.2               Ouers wat saamgaan, kyk ook asb of alles korrek is, veral u inbetalings.
2.3               Baie baie dankie aan u elkeen vir die inbetaling van die toergeld.  Indien u die uitstaande bedrag eers na die naweek kan inbetaal, moet u my asb baie dringend kontak.
























   


D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755


No comments:

Post a Comment