ONTMOET JACO VAN STADEN:
Die nuut-aangestelde dirigent
van die
Hoërskool Waterkloof Konsertorkes
Jaco van Staden
Jaco van Staden het sy
belangstelling om musiek te studeer begin kweek toe hy lid van die HTS Pretoria-Tuine
Blaasorkes en ensemble was onder leiding van Mnr Danie Smith tussen 1999-2003.
Hy
het die tenoorhoring bespeel. Hier het
hy sy liefde vir musiek ontwikkel. Hy was ook onderhoofleier in die orkes en
het Nasionale Kleure verwerf tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe in 2002.
Jaco het sy BMus graad
in 2010 aan die Universiteit van Pretoria verwerf in Uitvoerende Kuns (Franse
Horing) onder leiding van Eddie Clayton. Hy is sedert 2005 aktief as solis,
kamermusikant en orkesspeler en is tans lid van onder meer die Johannesburgse
Philharmoniese Orkes, Johannesburgse Feesorkes en die “Johannesburg Music
Initiative” en tree op ‘n vryskud basis saam met bogenoemde orkeste op.
Hy en
sy vrou speel ook tans in die Sound of Music orkes en later vanjaar in die
Skouspel-orkes.
Jaco is die eerste
Franse horing speler in die Gauteng Philharmoniese Orkes sedert Januarie 2014 en
is ook ‘n mede direkteur van die orkes. Jaco was ook lid van die Universiteit
van Pretoria Simfonieorkes, die Miagi Jeugorkes en die Pretoria Simfonieorkes
en het al op verskeie geleenthede saam met die Miagi Jeugorkes na Europa getoer
in 2009 en in 2012.
Jaco is uitgenooi om
saam met die Miagi orkes te toer gedurende Junie/Julie 2014 waar die orkes by
die Berlin Philharmonie en die Konzertgebouw Amsterdam gaan optree.
Jaco is tans besig om sy
Meestersgraad in Uitvoerende Kuns te voltooi aan die Universiteit van Pretoria
onder leiding van Peter Griffiths. As solis het hy al by verskeie geleenthede
opgetree saam met die UP Simfonie Orkes asook die Gauteng Philharmoniese Orkes.
Hy ontvang meestersklasse van ‘n verskeidenheid internasionale Franse Horing
spelers, onder meer Abel Pereira, James Nickel, Bodhan Sebestik en Volker
Altmann.
Hy was in Junie 2013 een
van dertien gekeurde kandidate landwyd om deel te neem aan die eerste Unisa Nasionale
Blaserskompetisie. Jaco het verskeie beurse en toekennings ontvang naamlik die
Samro beurs vir komposisie in 2010, die SICMF (Stellenbosch Internasionale
Kamermusiekfees) beurs in 2013 vir Franse horing om saam Abel Pereira in
Portugal meestersklasse te ontvang en op te tree in die Orquestra Simfonica da
Porto, asook ‘n beurs van Tukkies vir Magister in Uitvoerende Kuns in 2012.
Jaco verwerf sy Unisa
Onderwyslisensiaat in 2011 en is ‘n voltydse koperblaas onderwyser aan die
Mamelodi Musiek Projek te Afrikaans Hoër Seunskool.
Jaco studeer
dirigeerkuns onder Gerben Grooten sedert November 2011 en was die mededirigent
van die Universiteit van Pretoria se “Symphonic Winds” in 2012.
Hy het in November 2013
saam met Dr. Karendra Devroop die Unisa Wind Ensemble gestig en is die dirigent
en bestuurder van die ensemble.
Jaco is die
nuut-aangestelde dirigent van die Hoërskool Waterkloof Konsertorkes.
Hy is
getroud met die violis Ané van Staden.
Welkom Jaco!! Orkes is in goeie hande. Dankie vir jou kuier en mooi opregte woorde aan die orkeslede - hul is mal oor jou en kan nie wag vir 1 Augustus nie!!
ReplyDeleteOrkes by Innibos 2014
ReplyDeletehttp://youtu.be/Giwmp5In62M