Thursday 26 June 2014

INNIBOS Toer 2014: Finale reëlings voor ons vertrek

Klik op Logo om na die Innibos website te gaan
Die nuwe toerbaadjies
Geborg deur Mnr Sarel Roux van S Roux Ingelyf (Prokureurs) 
Geagte ouers.

In die heel eerste plek wil ek baie dankie sê aan u elkeen vir die ondersteuning wat ek gekry het met die reëlings van die toer, veral finansieel.  In ‘n bitter kort tydjie het u die R3000 toergeld inbetaal asook hempies en ander gelde.  Ek waardeer ook u vertroue in my en ook u begrip met my situasie, veral in Nelspruit.

U moet asseblief glad nie huiwer om my te kontak met enige vrae nie.

Baie dankie ook aan al die ouers wat so hard werk agter die skerms om hierdie toer glad te laat verloop – ons waardeer elkeen van u se insette!!

Hier is Werner van Zyl besig om die geraaswa te diens voor ons die lang pad aandurf Dinsdag!  Hy doen dit na werk in die aande in die koue. Baie dankie Werner, jy's 'n ster! 





BAIE DANKIE!!

Ek wil ook namens myself en die orkes baie baie dankie sê aan Mnr Sarel Roux van S Roux Ingelyf (Prokureurs) wat vir ons ons amptelike orkesbaadjies skenk en Mev Rose Burger wat vir ons ons t-hempies geskenk.  Ons is baie baie dankbaar daarvoor en waardeer dit opreg.

Baie dankie ook aan mnr DJ du Preez, eienaar en geregistreede toeroperateur van Into Africa Safaris ( DJ: 076 293 2133) wat saam met ons in die bus gaan wees met die toer Dinsdag.  Hy gaan ons na spesiale plekke toe vat en alles daarvan vertel en hy het ook geweldige afslag op vele plekke vir ons gereël sodat my begroting kon klop sonder dat u meer moet betaal.  Hy skenk ook vir ons pragtige Klofie orkes mussies (beanies).  Ons is baie dankbaar vir al sy hulp en ondersteuning!!

 

Die baadjies word uitgedeel (Vrydag 8:00):





Ek wil net ‘n paar punte uitlig:

      1.    Ek vertrek al eerskomende Sondag al Nelspruit toe waar ek koordinerende vergaderings moet bywoon.  Indien daar enige snaakse veranderings ensovoorts is, sal ek die ouers wat saam op toer is via WhatsApp kontak en inlig.

    2.       Al die kinders moet asb voor Vrydag 11 uur ALLES uit die orkeskamertjies gaan uithaal.  Mnr Hartzenberg en die perkussiekinders (soos wat op die program aangedui is) gaan Maandagmiddag 17:00 die Geraaswa pak.  Dan sal die saal weer oop wees.  Die saal gaan NIE Dinsdagoggend 3 uur oop wees nie!!!

     3.       Die vertrek Dinsdagoggend gaan soos volg werk:

3.1          Die bus en kinders arriveer OP DIE LAATSTE 02:50 (jammer daaroor…  J).
3.2          Die bus word 03:00 gepak en vertrek 03:15. 
3.3          Die kinders vertrek met lekker warm klere en met die blou orkes t-hempie en denim.
3.4          Die kinders mag slegs padkos en hul warm kombers/duvet en 1 kussing IN die bus in neem – GEEN SAKKE OF TASSE!!!! 
3.4          Die ouers wat saam met die kinders in die bus ry moet toesien dat GEEN lomp sakke en bagasie binne in die bus gelaai word nie.
3.5          Pak asb vir u kind ontbyt. Ons ry bitter vroeg en gaan vroeg al verby die One Stop – te vroeg vir ontbyt (maar net nie eiers nie asb!! L - grappie).
3.6          DIE BUS VERTREK STIPTELIK 3:15 EN GAAN VIR GEEN KIND WAG NIE.  Kyk na die program vir die dag, dan sal u verstaan hoekom ons ongelukkig so vroeg moet vertrek!
3.7          Elke kind en volwassene op toer moet asb R95 in ‘n koevert sit en by Mev Carin Hartzenberg ingee 03:00 voor ons vertrek.  Dit is hul middagete se geld by Sabi Koffie.  Indien u lief is vir koffie, kan u kind daar vir u heerlike koffie koop - vars van die lande af!! J
3.8          Die kinders wat klarinet en dwarsfluit bespeel moet hul instrumente in hul bagasie verpak en NIE onder in die bus laai nie.  Hulle moet hul bagasie heel laaste inpak.

     4.       Toerprogram
4.1          Die volledige program met alle inligting, tye, verantwoordelike personeel, indelings ens. sal op die laatste teen moremiddag op die blog wees.  Gedurende die toer sal mnr Jannie Hartzenberg die blog daagliks ‘n paar keer opdateer sodat u die toer by die huis (met grooooot heimwee!!)  kan volg!
4.2          U moet asb baie mooi na die program kyk en indien daar enige aktiwiteit is waaraan u kind NIE mag deelneem nie, moet u dit dadelik vir my op skrif stuur.  U almal het aan die begin van die jaar ‘n vrywaringsvorm geteken waar u toestemming gegee het dat u kind aan alle orkesaktiwiteite en toere mag deelneem.  Hierdie vorm is steeds van krag.

     5.       Algemeen
5.1   OORTREDING VAN ENIGE ERNSTIGE REëLS, ONGEHOORSAAMHEID EN ONBEHOORLIKE GEDRAG (rook, uitglip uit kamers, terrein / kamer / koshuis verlaat sonder toestemming / drankgebruik / oortreding van enige skoolreël ens.) sal gstraf word met onmiddelike skorsing uit die orkes. 
Indien u kind nie met my, enige van die verantwoordelike ouers volgens my indeling of met die leiers kan of wil saamwerk nie, sal u kind in die bus bly en glad nie saam met ons beweeg of optree nie.  U sal in kennis gestel word en dan moet u dadelik reëlings tref om u kind in Nelspruit te kom haal.  Dit sal by die skool aangeteken word en u kind moet dan die orkes verlaat.  HIERDIE IS NIE ONDERHANDELBAAR NIE.
5.2          Kleredrag vir elke dag is in die toerprogram uiteen gesit.  NB: Vir alle optredes dra die meisies swart pumps (of soos wat met Michelle met hulle bespreek het) en die seuns dra swart of so donker as moontlike tekkies.  Ons het tydens die naweekoefening reeds met die kinders hieroor en alles wat in hierdie epos staan, bespreek.
5.3          Die kinders moet Dinsdag langbroeke en tekkies dra vir die zipline, watervalle ens.  Onthou die skool se drimac vir Dinsdag (dit gaan nat en koud wees… J).
5.4          Onthou om vir u kind beddegoed en koffiebeker in te pak vir die koshuis.
5.5          Ek wil ook asb u weereens dringend versoek om NIE u kind van die toergroep te verwyder nie.
5.6          Daar sal elke oggend kamerinspeksie gehou word deur die voogde en hoofleiers.  Kamers moet te alle tye baie netjies wees met alle klere in die tasse weggepak en tasse toe gemaak.
5.7          Die seuns se hare moet volgens skoolreëls gesny wees, anders sal die seun nie optree of saam met die groep kan beweeg nie.
5.8          Geen meisie mag ontblotende klere dra of low cut denims dra waar hul onderklere uitsteek nie.
5.9          Sien punt 11 van die NOTA - gedeelte in die toerprogram.
5.10        Pak asb oordeelkundig volgens die BENODIGHEDELYS. 
5.11        Onthou, u het almal toerprogramme by die oueraand gekry.  Alles is daarin.  Daar was baie klein tyd en programaanpassings.  Maar alles is reeds op die blog.
5.12        GEEN kind mag kamers of groepe uitruil nie.

     6.       Noodnommers  (Nommers beskikbaar op epos en whatsapp group)
6.1          Ek moet asb die heel eerste persoon wees wat u moet kontak met enige noodgeval.  My foon sal 24/7 aangeskakel wees en nooit op “silent” wees nie – nie eens gedurende optredes nie. Dan is my foon by Mev. Elsa du Preez.
6.2          Die volgende noodnommers is die voogde:
                7.2.1      SEUNS:  Mnr Werner van Zyl 
                7.2.2      MEISIES:  Mev Rosa van Zyl  
                7.2.3      PROGRAM, BLOG, MEDIES EN ALGEMEEN:  Mnr Jannie Hartzenberg  en Mev Carin Hartzenberg.
6.3          U het ‘n volledige naam en adreslys van al die ouers en kinders in die orkes ontvang.  U kan ander ouers wat op toer is, se nommers daar kry.
6.4          Ek versoek ook dat u asb die personeel op toer se privaatheid sal respekteer i.v.m. telefoonoproepe.  Dit is u kind se EIE VERANTWOORDELIKHEID om met u te kommunikeer.  U kan nie van ons verwag om heeldag as boodskappers op te tree nie.  Ons help graag met probleme en noodgevalle.  U moet hierdie sakie SELF met u kind uitklaar.

Hou asseblief die blog dop vir die finale toerprogram en volg ons asseblief elke dag daarop!!

 [Die program is ALTYD bo-aan die blog- menu  beskikbaar selfs al post ons nuwe inligting. 
Dit sal ook op die WhatsApp group vir die Orkesouers beskikbaar wees vanaf Vrydag]





















Vriendelike groete.

Danie

D.J.F. SMITH
HOëRSKOOL WATERKLOOF
DIREKTEUR KULTUUR
Sel:  082 853 8698
Tel (skool):  012 – 347 0277 X 130

Faks:  086 512 8755

No comments:

Post a Comment